Leesplan inligting

Hernu Jou Denke: Detoks Jou GedagtesVoorbeeld

Reset Your Mind: Overhauling Toxic Thoughts

DAG 1 VAN 5

Vernuwe Jou Gedagtes


Ons almal het al gehoor watter groot invloed ons denke op ons lewens kan hê. Al het teoloë, leiers, skrywers, self-help ghoeroes en hoof uitvoerende bestuurders uiteenlopende opinies oor die lewe en politiek, is almal dit eens dat ons gedagtes ongelooflik belangrik is om rigting aan ons lewens te gee. Kom ons kyk na 'n paar bekende aanhalings:



  • "Wat jy ook al dink jy kan of nie kan doen nie, jy is reg." — Henry Ford 
  • "Glo jy kan en jy is reeds halfpad daar." — Teddy Roosevelt
  • "Jou geluk in die lewe hang af van die kwaliteit van jou gedagtes". — Marcus Aurelius 
  • "Ons gedagtes bepaal ons wie ons is". — Dale Carnegie 

Die apostel Paulus daag ons uit in die begin van Romeine 12 om "nie gelyk te word aan die wêreld nie, maar om te verander deur ons gedagtes te vernuwe." Die Griekse woord vir die woord hernuwe is anakainōsis en dit beteken letterlik om te vernuwe. Volgens hierdie vers beteken dit dus dat 'n verandering plaasvind wanneer ons gedagtes vernuwe word.  


Ons weet dat vernuwing plaasvind wanneer ons die voorkoms van ons huis of besigheid wil verander. Miskien is dit omdat iets gebreek of beskadig is of dalk moet dit net opdateer word. Om ons gedagtes te vernuwe werk op dieselfde manier.


Watter soort vernuwing het jou gedagtes nodig? 


Miskien fokus jy vir baie jare al op gebroke en beskadigde gedagtes. Dit mag wees dat jy gebreekte plate in jou gedagtes oor en oor speel van wat mense jou in jou kleintyd toegesnou het. Vind jy dat jy aanhoudend kla? Is dit makliker om op die dinge in jou lewe te fokus wat verkeerd is? Is jy soms jaloers en begeer jy ander mense se lewens wat lyk of dit beter is as joune? Voel jy soms oorweldig en verslae oor hoe jy jouself sien? 


Of jy nou gewoonlik 'n positiewe uitkyk op die lewe het en of jy dalk sukkel met negatiewe gedagtes, ons het almal soms leiding nodig wanneer dit by ons gedagtes kom. Dikwels verwys ons na ons gedagtes as negatief of sleg, maar in werklikheid is dit giftig


Dalk het sommige van ons gedagtes min waarde, maar baie het wel waarde. Sommige is ongelooflike gedagtes wat ander mense positief kan beïnvloed, waar ander weer meer na die negatiewe kant toe oorleun. Dit is dus waar dat ons nie elke gedagte kan verander nie, maar ons kan die gedagtes probeer verander wat giftig is. 


Oor die volgende vier dae sal ons leer hoe om ons gedagtes te toets, die toksiese gedagtes gevange te neem, ons gedagtes op Jesus te vestig en om 'n plan te maak om dit uit te voer.


Oordink


  • Dink bietjie oor jou mees algemene gedagtes. Hoe laat dit jou voel? 
  • Watter area van jou gedagtegang het 'n vernuwing nodig?
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Reset Your Mind: Overhauling Toxic Thoughts

Voel jy ooit dat jy nie veel beheer het oor die gedagtes waaraan jy dink nie? Die meeste van ons sukkel met negatiwiteit, bekommernis en ander toksiese gedagtes. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons leer hoe om toksiese g...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid