Leesplan inligting

Hernu Jou Denke: Detoks Jou GedagtesVoorbeeld

Reset Your Mind: Overhauling Toxic Thoughts

DAG 4 VAN 5

Kry Jou Gedagtes Reg 



Wanneer jy jou gedagtes met die regte dinge vul, is daar nie plek vir die verkeerde dinge om in te kom nie. — Joyce Meyer 



Om ons gedagtes te toets en te leer hoe om dit gevange te neem, is 'n groot deel van die geestelike geveg wat ons met ons gedagtes het. Wanneer ons leer om dit op 'n gereelde basis te doen, sal ons beheer oor ons gedagtes kry. 



Wat as ons egter kies om meer pro-aktief met ons gedagtes te wees om sodoende te voorkom dat ons te laat reageer? Daar sal natuurlik steeds gedagtes wees wat getoets en gevange geneem moet word. Ons is immers nie perfek nie. Ons kan egter kies om Paulus se vermaning in Kolossense 3:2 (NLV) na te volg, waar hy sê: "Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie." Deur jou gedagtes op "hemelse dinge" te rig, sal ons minder gedagtes hê wat getoets en gevange geneem moet word.



Wanneer ons ons gedagtes op iets rig, streef ons na iets en probeer ons om ons gedagtes in daardie rigting te lei. Die vers sê ons moenie ons gedagtes op aardse dinge rig nie. Daardie "aardse dinge" lei gewoonlik ons aandag af en weg van die goeie wat God vir ons wil hê. 



Daar is talle dinge wat ons daagliks sien waaroor ons nie beheer het nie, maar baie wat ons sien kan wel voorkom word. Dis belangrik waarna ons kyk. As jy voel jy het te veel toksiese gedagtes, dink na oor wat dit kan veroorsaak. Kan dit TV, sosiale media of die nuus wees? Dit is wys om te ontleed waarna ons elke dag kyk en om God dan vir leiding te vra oor wat jy moet verminder of heeltemal moet vermy. 



Net soos ons moet nadink oor waarna ons kyk, moet ons ook nadink oor waarna ons luister. Wat ons hoor beïnvloed ons op dieselfde wyse as dit waarna ons kyk. Jy het seker al opgelet dat sekere musiek, boeke en potgooie die oorsaak is van sekere van jou toksiese gedagtes. Is daar dalk dinge wat jy juis moet insluit, nie net dinge wat jy moet verwyder nie, wat jou sal opbou en sal help om gesonder gedagtes te huisves? 



In plaas daarvan om te fokus op dinge wat tot toksiese gedagtes kan lei, wees pro-aktief bewus waarna jy kyk en luister. Wanneer jy iets kies wat tot eer van God is en jou hart rein hou, sal dit lei tot minder gedagtes wat getoets en gevange geneem hoef te word. 



Oordink




  • Waarmee worstel jy? Is dit dinge waarna jy kyk of luister?

  • Maak 'n lys van die belangrikste ding wat jy wil vermy. Die kanse is goed dat jy alreeds weet wat jou laat struikel. Vermy dit vir 21 dae en kyk watter verskil dit in jou gedagtegang maak.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Reset Your Mind: Overhauling Toxic Thoughts

Voel jy ooit dat jy nie veel beheer het oor die gedagtes waaraan jy dink nie? Die meeste van ons sukkel met negatiwiteit, bekommernis en ander toksiese gedagtes. In hierdie 5-dag leesplan, gaan ons leer hoe om toksiese g...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid