Leesplan inligting

Vrede op Aarde: 'n 5-dag Advent ToewydingVoorbeeld

Peace on Earth: A 5-Day Advent Devotional

DAG 5 VAN 5

Ons lees vandag uit Filippense 4:1-9. Van al die gedeeltes in hierdie leesplan, mag hierdie een na die mees onwaarskynlike onderwerp vir Kersfees klink, maar dit gee ons 'n beeld van hoe hierdie vrede lyk wanneer dit in ons gemeenskappe uitgeleef word.



Ons weet nie presies wat die onenigheid tussen Euodia en Sintige was nie, maar die oplossing van hulle konflik en die herstel van eensgesindheid in die kerk is belangrik genoeg vir Paulus dat hy tyd daaraan afstaan om direk met hulle daaroor te praat in sy openbare brief aan die kerk.



Nadat Paulus hierdie vroue aangemoedig het om hul konflik op te los, gaan hy voort om vir die hele kerk te preek. Daardie klein afwyking wys ons egter iets oor die volgende paar verse: dit gaan nie net oor mense wat alles onder beheer het nie.



Die genade van God is nie net vir mense wat geen bekommernisse, onderonsies, spanning of worstelinge het nie. God se vrede kom reguit in ons deurmekaar lewens.



Wat maak ons dus met ons spanning en konflikte gedurende hierdie Kersfees?



Begin deur jou in God te verlustig. Daar is dalk nie vreugde in jou omstandighede nie, maar dit is in die haak. Kyk na Jesus om voortdurende vreugde te verkry.



Vra God om jou te help om genadig te wees met die mense om jou. God het oneindig baie genade en vergifnis aan ons bewys; om dit te onthou help ons ook om aan ander genade en vergifnis te betoon.



Bring alles wat jy op die hart het na God toe — daardie dinge wat jou snags wakker hou, die goed wat jou opgewonde maak om soggens op te staan en die dinge wat jou dag tussendeur vul.



Daardie laaste vers in hierdie paragraaf is nie iets wat ons doen nie. Dit is iets wat God doen. Terwyl ons vrede met ander nastreef en in gebed en danksegging na Hom toe kom, vertroos Hy ons met vrede "wat alle verstand te bowe gaan" — verregaande, irrasionele, wonderlike vrede.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Peace on Earth: A 5-Day Advent Devotional

Vir sommige kan die Kerstyd vol droefheid, tragedie, seerkry en skeiding wees. Tog vier Kersfees juis dat God mens geword het en in ons seerkry, woede en chaotiese wêreld vrede kom bring het — vrede onder mense, en nog b...

More

Ons wil graag LifeWay Christian Resources (Holman Bibles) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://csbible.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid