Leesplan inligting

Vrede op Aarde: 'n 5-dag Advent ToewydingVoorbeeld

Peace on Earth: A 5-Day Advent Devotional

DAG 4 VAN 5

Ons lees vandag uit Efesiërs 2:11-22, wat ons help om te sien hoe die vrede wat op Kersfees aangekondig is, nie net ons verhouding met God nie, maar ook ons verhoudinge met ander mense beïnvloed.



In hierdie gedeelte skryf Paulus — 'n Joodse man wat deeglik in die Ou Testamentiese wet opgevoed is — aan die kerk in Efese. Efese was in Griekeland en dus was die meeste mense wat na sy brief geluister het ook heidene, nie Jode nie.



Voor Jesus se koms, is die liefde van God hoofsaaklik deur sy verbondsverhouding met die volk Israel gekommunikeer, nie met die heidene nie. Hier vertel Paulus egter aan die heidene dat Jesus gesterf het vir almal wat in Hom glo, wat beteken hulle is nie langer uitgesluit nie. Hulle is nou ingetrek in die warmte en lig van God se familie.



Onder God se volk is daar geen tweedeklas burgers nie, geen kinders wat minder as ander in God se guns is nie.



Vir ons beteken dit twee dinge:



  1. Wanneer jou vertroue in Jesus is, word jy in sy familie verwelkom en dit maak nie saak wat jou nasionaliteit of ras of agtergrond of enigiets anders is nie.

  2. Wanneer ander mense hul vertroue in Jesus plaas, word hulle in sy familie verwelkom. As Jesus met sy bloed vir hulle betaal het, is hulle vir Hom oneindig kosbaar. Hulle is ten diepste as broers en suster in Christus, sy liefde en respek waardig.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Peace on Earth: A 5-Day Advent Devotional

Vir sommige kan die Kerstyd vol droefheid, tragedie, seerkry en skeiding wees. Tog vier Kersfees juis dat God mens geword het en in ons seerkry, woede en chaotiese wêreld vrede kom bring het — vrede onder mense, en nog b...

More

Ons wil graag LifeWay Christian Resources (Holman Bibles) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://csbible.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid