Leesplan inligting

Vrede op Aarde: 'n 5-dag Advent ToewydingVoorbeeld

Peace on Earth: A 5-Day Advent Devotional

DAG 3 VAN 5

Ons lees vandag uit Lukas 2:8-20. Dit is veral 'n baie bekende gedeelte gedurende Kerstyd, maar moenie toelaat dat dit jou keer om daaroor te dink nie.



Kom ons kyk na wat die engele gesê het terwyl hulle God in die naglug geprys het. God se heerlikheid is manjifiek en oorvloedig — die engele kon oor honderd ander eienskappe van God gesing het. Waarop verkies hulle dus om te fokus in hierdie Goddelike geboorte aankondiging?



Terwyl hulle daar in die lug sweef, is die engele se eerste fokus opwaarts na waar God hoog bo die aarde heers: "Eer aan God in die hoogste hemel" en hierna: "... vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!" (Lukas 2:14), om ons fokus te verskuif na die velde op aarde waar die skaapwagters staan.



Daar is 'n geweldige groot afstand tussen die "hoogste hemel" en die "aarde" — maar dis 'n afstand wat Jesus daardie nag oorbrug het toe Hy vanuit die hemel aarde toe gekom het om as 'n menslike baba gebore te word.



Jesus is God, ewig en alwetend en almagtig en alomteenwoordig. Met Kersfees, is Jesus egter as 'n menslike baba gebore. Hy het ten volle mens geword, al is Hy nog God, want slegs as beide 'n mens en God, kon Hy die volmaakte middelaar wees om die skeiding tussen hemel en aarde te oorbrug en vrede tussen God en die mensdom te bring.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Peace on Earth: A 5-Day Advent Devotional

Vir sommige kan die Kerstyd vol droefheid, tragedie, seerkry en skeiding wees. Tog vier Kersfees juis dat God mens geword het en in ons seerkry, woede en chaotiese wêreld vrede kom bring het — vrede onder mense, en nog b...

More

Ons wil graag LifeWay Christian Resources (Holman Bibles) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://csbible.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid