Leesplan inligting

Vrede op Aarde: 'n 5-dag Advent ToewydingVoorbeeld

Peace on Earth: A 5-Day Advent Devotional

DAG 1 VAN 5

Wanneer die Bybel iets herhaal, por dit ons eintlik aan om aandag te skenk. Herhaling is hoofsaaklik hoe die Bybelskrywers — veral in die Ou Testament — iets beklemtoon het.


In vandag se gedeelte uit Jesaja 9:1-7, sal jy die herhaling van bly, verbly, blydskap en juig sien, veral in vers 2: "U het dié wat nie meer 'n nasie was nie, baie gemaak, hulle blydskap groot gemaak. Hulle het hulle in u teenwoordigheid verbly soos mense bly is in die oestyd, soos hulle juig wanneer hulle die buit verdeel."


Dit is baie blydskap. Waar kom dit vandaan?


Hierna volg drie verse wat die redes vir blydskap aandui. "[Want] U het die juk verbreek wat op die volk gedruk het, die stok waarmee hulle geslaan is, waarmee hulle gedryf is" (v. 3). "Elke soldateskoen wat in die oorlog gebruik is, en elke uniform wat met bloed bevlek is, sal verbrand word, deur die vuur verteer word" (v. 4) Hoe word hierdie dinge gedoen? Deur ons Verlosser, die Seun van God, die Vredevors.


Staan 'n rukkie af en dink na oor die titels in Jesaja 9:5.



  • Wonderbare Raadsman: Hy is wys en betroubaar as jy nie weet watter koers om in te slaan nie.

  • Magtige God: Hy heers oor elke omstandigheid in jou lewe en in die wêreld.

  • Ewige Vader: Sy nabyheid eindig nie na Kersfees nie. Hy maak jou vir ewig deel van sy familie.

  • Vredevors: Hy is skitterend en goed, Hy regeer in vrede.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Peace on Earth: A 5-Day Advent Devotional

Vir sommige kan die Kerstyd vol droefheid, tragedie, seerkry en skeiding wees. Tog vier Kersfees juis dat God mens geword het en in ons seerkry, woede en chaotiese wêreld vrede kom bring het — vrede onder mense, en nog b...

More

Ons wil graag LifeWay Christian Resources (Holman Bibles) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://csbible.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid