Leesplan inligting

Vrede op Aarde: 'n 5-dag Advent ToewydingVoorbeeld

Peace on Earth: A 5-Day Advent Devotional

DAG 2 VAN 5

Vandag begin ons met Jesaja 26:1-13. Dit mag voorkom as 'n vreemde gedeelte vir 'n Advent-reeks, maar dit wys aan ons iets noodsaaklik ten opsigte van Jesus, iets wat verduidelik waarom Hy aarde toe gekom het.



Hierdie Advent-reeks verwys na Jesus wat vrede op aarde bring. Terwyl Jesus op aarde was, sê Hy egter: "Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard" (Matteus 10:34).



Wat beteken dit?



Dit beteken Jesus is nie hier om ons te laat lekker voel nie. Hy is hier om ons lewens te herskep en in ons harte te heers. In 1956 het Martin Luther King Jr in 'n preek dit so verduidelik: "Vrede is nie bloot die afwesigheid van spanning nie, maar die teenwoordigheid van geregtigheid."



God bring in Genesis 1 orde uit die chaos. Hy skep alle dinge, insluitend die mens — die kroon van sy skepping. Dan rus Hy, hoekom? Omdat alles reg en vreedsaam was — dit was shalom. Nou maak God deur Jesus alle dinge nuut en herstel sy skepping terug tot shalom (Openbaring 21-22).



Jesus het nie minderwaardige of halfhartige vrede gebring nie. Sy vrede is nie soos die van 'n boelie wat aan sy slagoffers sê om nie te kla of moeilikheid te maak nie. Sy vrede sluit geregtigheid in, want dit maak dinge reg. Dit maak die gevangenes vry. Dit bied vergifnis vir ons sonde deur die straf wat Jesus ter wille van ons sondes verduur het.



Die baba in die krip lyk sag en teer, en Hy is ook. Hy is egter ook ons regverdige Verdediger, ons heilige Regter en ons sondelose Offer.



As niemand dan volmaak is nie, hoe kan ons troos put uit 'n gedeelte wat oor God se oordeel praat? Nie deur ons eie werke nie, maar deur God se werk vir ons. Kyk weer na verse 3 en 12. Wanneer ons op God staatmaak, kom vestig Hy vir ons vrede.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Peace on Earth: A 5-Day Advent Devotional

Vir sommige kan die Kerstyd vol droefheid, tragedie, seerkry en skeiding wees. Tog vier Kersfees juis dat God mens geword het en in ons seerkry, woede en chaotiese wêreld vrede kom bring het — vrede onder mense, en nog b...

More

Ons wil graag LifeWay Christian Resources (Holman Bibles) bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://csbible.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid