Leesplan inligting

Die Meedoënlose Uitskakeling Van HaasVoorbeeld

The Ruthless Elimination Of Hurry

DAG 5 VAN 5

Neem My Juk


Jesus het gereeld mense genooi om Hom te volg. Gewoonlik het sy uitnodiging so geklink: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg." Maar in 'n ander herhaling van sy welbekende uitnodiging het Jesus al dié wat moeg, uitgeput en uitgebrand is, uitgenooi deur eenvoudig te sê: "Kom na My toe, ... julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig."


Jesus se ope uitnodiging is na 'n lewe van rus, nie net vir ons liggame nie – ons kan dit by 'n dokter of deur 'n pil kry – maar op 'n baie dieper vlak, vir ons siele.


Sy prentjie van 'n "sagte juk" is egter ietwat vreemd. Ons vergeet dat 'n juk 'n stuk gereedskap is waarmee gewerk word; dit was gebruik om osse saam in te span om die land te ploeg. Dit klink soos die laaste ding wat 'n uitgebrande werker nodig het – dié van ons wat moeg is, wil nie 'n juk hê nie, ons wil 'n vakansie hê!


Maar Jesus is wys, ver verhewe bokant ons begrip; Hy verstaan – beter as wat ons ooit kan – dat die lewe wel 'n nimmereindigende reeks van laste is. Ons kan nie ontsnap van die gewig van verantwoordelikheid wat die lewe aan hierdie kant van die opstanding is nie. Wat ons nodig het, is nie om van daardie gewig ontslae te raak nie, maar 'n manier om dit met gemak en vreugde te dra. Dit is wat Jesus aanbied – 'n manier om die gewig van die lewe penregop en met 'n glimlag te dra.


Op Jesus se manier is die Sabbat 'n 24-uur lange beoefening van rustige aanbidding waardeur ons die hele week lank 'n gees van rustigheid aanleer.


Soos die naweek nader kom, en ons uitsien na 'n dag van rus en aanbidding, onthou: daar is die hele dag, elke dag Sabbatsoomblikke. Daar is klein geleenthede om spoed te verminder en rus te vind onder Jesus se juk. Om rustig te word vir die lewe in Hom wat vir ons almal wag.


Oefening vir die dag: Vind jou Sabbatsoomblik(ke)


Kyk vandag uit vir klein Sabbatsoomblikkies – in plaas van om te reik na jou foon, reik uit na God in jou gedagtes en gaan sit stil in sy rus.


Vraag: Hoe affekteer moegheid my ervaring van Jesus se koninkryk? Hoe kan ek aanbeweeg na 'n Sabbat as beide 'n weeklikse beoefening sowel as 'n manier van lewe?


Ons hoop hierdie leesplan bemoedig jou.  Leer Meer oor The Ruthless Elimination of Hurry   deur John Mark Comer


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Ruthless Elimination Of Hurry

Haas maak jou nie net moeg nie. Dit is die groot vyand van jou geestelike lewe. In "The Ruthless Elimination of Hurry" verskaf John Mark Comer vier eenvoudige oefeninge om emosioneel gesond en geestelik lewendig te bly: ...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/600096/the-ruthless-elimination-of-hurry-by-john-mark-comer-foreword-by-john-ortberg/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid