Leesplan inligting

Die Meedoënlose Uitskakeling Van HaasVoorbeeld

The Ruthless Elimination Of Hurry

DAG 1 VAN 5

Rustig in die Pas van Jesus


Die filosoof, Dallas Willard, het een keer haas beskryf as "die groot vyand van geestelike lewe in ons tyd," en navolgers van Jesus aangemoedig om "haas genadeloos uit hul lewens te elimineer."


Toe ek Willard se anti-haas visie vir lewe in Jesus se koninkryk die eerste keer teëgekom het, het dit my siel diep geraak. Tog is die skuldige vir sy "groot vyand van geestelike lewe" nie wat ek sou verwag het nie. Ek woon in een van die mees wêreldse, vooruitstrewendste stede in Amerika, maar as jy my vra wat is die grootste uitdaging vir jou geestelike lewe in Portland, is ek nie seker wat ek sou antwoord nie.


Hoe sou jy daardie vraag beantwoord?


Ek glo baie min van ons sou by verstek "haas" as antwoord gegee het.


Tog, hoe meer ek daaraan dink, hoe meer stem ek saam.


Corrie ten Boom het eenmaal gesê dat, as die duiwel jou nie kan laat sondig nie, hy jou besig sal hou.


Haar logika maak sin: beide sonde en besigwees het dieselfde uitwerking – hulle sny ons verbinding met God, met ander mense en selfs met ons eie siel af.


Baie van ons is net te besig om 'n emosioneel gesonde en geestelik-verrykte, aktiewe lewe te leef.


Toegegee, daar is 'n gesonde soort van besigwees waar jou lewe vol is van dinge wat saak maak, nie vermors word op nuttelose ontspanning of oppervlakkige strewe nie. By definisie was Jesus self ook besig.


Die probleem is nie wanneer jy baie het om te doen nie; dit is wanneer jy te veel het om te doen, en die enigste manier om by te hou, is om te haas.


Ons sal ook oor die volgende paar dae ontdek dat haas onversoenbaar is met 'n lewe in Jesus se koninkryk.


Ons kan eenvoudig nie saam met Jesus in sy koninkryk lewe en 'n gejaarde lewe lei nie.


Oefening vir die dag: Wees rustig


Wat sou dit vir jou behels om vandag rustig te wees?


Soos jou dag aangaan, vestig jou aandag op jou liggaam, die sensasies van haas, stres, afleiding of irritasie wat jy voel. Let op hoe dit jou verhoed om in liefde teenwoordig te wees.


Stop twee tot drie keer gedurende hierdie dag om eenvoudig net asem te haal, God se liefdevolle teenwoordigheid in te neem en dankbaarheid te toon.


Lees vraag: Hoe het Jesus se ongejaagde, teenwoordig-in-die-oomblik karakter Hom die ekstra vermoë gegee om na die vrou met bloeding om te sien in haar nood?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Ruthless Elimination Of Hurry

Haas maak jou nie net moeg nie. Dit is die groot vyand van jou geestelike lewe. In "The Ruthless Elimination of Hurry" verskaf John Mark Comer vier eenvoudige oefeninge om emosioneel gesond en geestelik lewendig te bly: ...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/600096/the-ruthless-elimination-of-hurry-by-john-mark-comer-foreword-by-john-ortberg/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid