Leesplan inligting

Die Meedoënlose Uitskakeling Van HaasVoorbeeld

The Ruthless Elimination Of Hurry

DAG 4 VAN 5

Haas is Onversoenbaar met Vrede


Soos die week van rustig wees tot 'n einde kom, kom ons by die derde en laaste een van die koninkryk se driemanskap van liefde, vreugde en vrede. Ons het die beste vir laaste gebêre.


Dis redelik voor-die-hand-liggend dat vrede onversoenbaar is met haas.


As jy my nie glo nie, volgende keer as jy laat is vir 'n vlug, of tien minute laat is vir 'n afspraak, of nie die sperdatum van 'n taak gaan haal nie, neem dan 'n opname van jou binneste en kyk of jy die diep "shalom" (vrede) van God in jou siel ervaar. Ervaar jy 'n teenwoordigheid van diepgegronde kalmte of iets anders?


En tog: ons hou aan om meer en meer in ons reeds oorvol lewens in te prop, wat veroorsaak dat ons versnel na 'n dolle vaart en skaars lank genoeg spoed verminder om God se vrede te ondervind. Natuurlik is nie alle besigwees sleg nie. Daar is 'n soort besigwees wat beteken dat jy nie jou kosbare lewe op nuttelose dinge vermors nie. Die probleem is nie om baie te moet doen nie, dit is om te veel te moet doen en die enigste oplossing is om na hoogste rat oor te skakel, met die tragiese gevolg dat ons liefde, vreugde en vrede daarmee heen is.


In ons kultuur is stadig ongewens. Wanneer iemand 'n lae IK het, noem ons hulle stadig. As die diens in 'n restaurant swak is, noem ons dit stadig. Wanneer 'n fliek vervelig is, kla ons weer eens dat dit stadig is. Definisie vir "stadig" uit Merriam Webster woordeboek: "geestelik dof: onnosel: van nature traag: ontbreek gereedheid, stiptelikheid of gewilligheid."


Die boodskap is duidelik: stadig is sleg, vinnig is goed.


In die onderstebo-koninkryk word ons waardestelsel egter op sy kop gedraai: haas is van die duiwel; rustig is van Jesus, want Jesus is liefde, vreugde en vrede, in vlees in bloed.


Oefening vir die dag: 'n Oomblik van stilte


Neem 'n paar minute – die ideaal is wanneer jou dag begin, of wanneer dit jou die beste pas – doen dan eenvoudig niks. Wees net. Staan in stille liefde voor God. Sit lank genoeg daar vir die vrede van sy Gees om binne in jou op te wel. Dank Hom daarvoor.


Vraag: Wanneer ek in 'n vertrek ingaan, bring ek 'n gees van vrede of angstigheid saam met my?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Ruthless Elimination Of Hurry

Haas maak jou nie net moeg nie. Dit is die groot vyand van jou geestelike lewe. In "The Ruthless Elimination of Hurry" verskaf John Mark Comer vier eenvoudige oefeninge om emosioneel gesond en geestelik lewendig te bly: ...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/600096/the-ruthless-elimination-of-hurry-by-john-mark-comer-foreword-by-john-ortberg/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid