Leesplan inligting

Die Meedoënlose Uitskakeling Van HaasVoorbeeld

The Ruthless Elimination Of Hurry

DAG 2 VAN 5

Haas is Onversoenbaar met Liefde


Jesus het liefde as die hoogste waarde in sy koninkryk se ekonomie gestel. Toe Hy gevra was wat die grootste gebod in die hele Skrif is, het Hy geantwoord: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand", maar Hy het nie by die een gebod gestop nie; Hy het nog een bygevoeg, "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself."


Maar liefde is uiters tydrowend. Alle ouers weet dit en so ook alle verliefdes en die meeste langtermyn vriende. Daar is nie kortpaaie nie. Geen lewenskuns ("life-hack") nie. Geen wondertoep ("killer app") nie.


Dit neem 'n enorme hoeveelheid tyd om ordentlik te kan liefhê.


Liefde en haas is soos olie en water: hulle meng eenvoudig net nie. Al my slegste oomblikke as 'n eggenoot en vader, 'n buurman of vriend, is wanneer ek haastig is – laat is vir 'n afspraak, agter is met my onrealistiese doenlys, probeer om net te veel in een dag in te prop. Ek loop oor van woede, spanning, 'n kritiese gesanik – die teenstelling van liefde.


As jy my nie glo nie, let volgende keer op hoe jy jou gesin hanteer as jy probeer om jou tipe-B vrou en drie jong, maklik afleibare kinders uit die huis probeer kry as jy laat is (iets waarvan ek baie ervaring het). Lyk en voel dit soos liefde? Of is dit baie meer in die lyn van omgekraptheid, woede, 'n bytende aanmerking, 'n erge gluur?


Dit is dus geen verrassing dat in die apostel Paulus se definisie van liefde, "geduld" eerste gebruik word om dit te beskryf nie.


In Three Mile an Hour God, het die wyle Japanese teoloog Kosuke Koyama dit so gestel:


God loop "stadig" want Hy is liefde. As Hy nie liefde was nie sou Hy baie vinniger beweeg het. Liefde het sy eie spoed. Dit is 'n innerlike spoed. Dit is 'n geestelike spoed. Dit verskil van die tegnologiese spoed waaraan ons gewoond is. Dit is stadig en tog is dit heer oor alle ander snelhede, want dit is die spoed van liefde.


Daar is 'n rede hoekom mense van "wandel met God" praat en nie "hardloop met God" nie. Dis omdat God liefde is.


Oefening vir hierdie dag: Aanvaar die onderbrekings


Die lewe is vol onderbrekings; jy sal ongetwyfeld vandag 'n onderbreking ervaar – 'n kind, of 'n kollega, of 'n onverwagte telefoon oproep. Eerder as om deur die onderbreking te haas, soek maniere om te talm en om in liefde vir die persoon teenwoordig te wees.


Vraag: Hoe beroof gejaagdheid en besigwees my van die vermoë om lief te hê?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Ruthless Elimination Of Hurry

Haas maak jou nie net moeg nie. Dit is die groot vyand van jou geestelike lewe. In "The Ruthless Elimination of Hurry" verskaf John Mark Comer vier eenvoudige oefeninge om emosioneel gesond en geestelik lewendig te bly: ...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/600096/the-ruthless-elimination-of-hurry-by-john-mark-comer-foreword-by-john-ortberg/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid