Leesplan inligting

Die Meedoënlose Uitskakeling Van HaasVoorbeeld

The Ruthless Elimination Of Hurry

DAG 3 VAN 5

Haas is Onversoenbaar met Vreugde


Liefde het die grootste waarde in die koninkryk se ekonomie, maar dit is nie die enigste waarde nie. Die driemanskap van liefde, vreugde en vrede verskyn keer op keer in Jesus se leringe en in Paulus se geskrifte. Hulle is die kern werklikheid waarna ons strewe in ons geestelike reis saam met Jesus.


Al drie is meer as net emosies, hulle is algehele toestande van die hart. Hulle is nie slegs aangename gevoelens nie; hulle is die soort mense wat ons word deur ons dissipelskap in Jesus, wat al drie vir altyd beliggaam.


Vreugde, net soos liefde, is onversoenbaar met haas.


Al die geestelike meesters – binne en buite die Jesus tradisie (insluitend sielkundiges, bewustheidskenners, ens.) – stem saam hieroor: as daar 'n geheime weg na geluk is, is dit eenvoudig – teenwoordigheid in die oomblik. Hoe meer teenwoordig ons in die nou is, hoe dankbaarder is ons vir wat is, en hoe gelukkiger kan ons wees.


Ons beloof dikwels "ons toekoms" aan God met groot selfversekerdheid en 'n heldhaftigheid. Maar dit is maklik om die toekoms aan God te gee vir die eenvoudige rede dat ons dit nie het nie.


Al wat ons het, is die hede. Die hier en nou. Hierdie oomblik, hierdie pyn, hierdie vreugde, hierdie dankbaarheid, hierdie oorgawe.


Hoe meer oomblikke ons stadigaan en dankbaar aan God oorgee, hoe meer het ons toegang tot sy vreugde.


Oefening vir hierdie dag: Beoefen teenwoordigheid


Vind 'n eenvoudige aktiwiteit van vreugde om vandag te doen – lees 'n gedig, luister na 'n lied, drink 'n koppie koffie, neem 'n kort wandeling – en doen dit stadig en beoefen teenwoordigheid in die oomblik en wees dankbaar. 


Vraag: Watter goeie dinge mis ek elke dag vanweë my ongeordende haas deur die lewe?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Ruthless Elimination Of Hurry

Haas maak jou nie net moeg nie. Dit is die groot vyand van jou geestelike lewe. In "The Ruthless Elimination of Hurry" verskaf John Mark Comer vier eenvoudige oefeninge om emosioneel gesond en geestelik lewendig te bly: ...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/600096/the-ruthless-elimination-of-hurry-by-john-mark-comer-foreword-by-john-ortberg/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid