Leesplan inligting

Hoe om die Bybel te begin LeesVoorbeeld

How to Start Reading the Bible

DAG 3 VAN 4

Hoe om Bybelse waarhede in jou lewe toe te pas



Moenie in die strik val om die Bybel te bestudeer sonder om te doen wat dit sê ​​nie. — Francis Chan



Soos ons gesê het, is die lees van die Skrif baie belangrik vir ons intimiteit met Christus. Deur dit egter net vir agtergrondinligting te lees, sonder om iets met daardie kennis te doen, sal ons nie baie baat nie. Daarom moet ons dit wat ons gelees en geleer het, in ons lewens toepas, sodat ons as volgelinge van Christus kan aanhou groei. 



Die Woord van God is ons wapen. Dit is lewendig, aktief en skerper as enige tweesnydende swaard. Wanneer ons die Woord van God in ons harte bewaar, help dit ons nie net om ver van sonde af weg te bly nie, maar dit help ons ook om teen die magte van die bose te veg. Ons het 'n vyand, en die laaste ding wat hy wil hê ons moet doen, is om God en die Bybel te vertrou. Ons geestelike vyand maak daarop staat dat ons dit wat ons geleer het sal ignoreer. 



Een van die kragtigste dinge wat ons uit die Bybel kan leer, is wie ons in Christus is en hoe ons die waarhede in ons lewens kan toepas. Hier is 'n paar algemene leuens wat ons almal al geglo het, en hoe om dit teen te werk:



'n Leuen wat ons glo: Ek is 'n mislukking en kan niks reg doen nie. 

Pas God se waarheid toe: Ek sukkel dalk, maar "ek kan alles doen deur Christus wat my krag gee" (Filippense 4:13). 


'n Leuen wat ons glo: Watter soort God sal toelaat dat dit in my lewe gebeur? 

Pas God se waarheid toe: Ons weet dat God "alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is" (Romeine 8:28).



'n Leuen wat ons glo: Ek sal maar altyd so wees.

Pas God se waarheid toe: Ek kan verander omdat ek in Christus is. "Die ou mens is verby, die nuwe het gekom!" (2 Korintiërs 5:17).



Dink na oor die leuens wat jy geglo het. Dit is menslik, en in der waarheid makliker om die leuens te glo, want hulle het al so 'n deel van ons geword. Dit is egter nie wat God vir jou wil hê nie. Sodra jy dus daardie leuens herken het, is jy halfpad op pad na oorwinning. Hy het sy Woord aan ons gegee, sodat ons die waarheid kan ken, want dit is sy waarheid wat ons bevry. 



Kom ons leef meer soos die oorwinnaars wat ons is, en pas die lewegewende, hoopgevulde en oorwinnende krag toe wat ons in die Woord van God vind. 



Oordink




      
  • Pas jy toe wat jy in die Bybel lees? Of laat jy toe dat jou interne dialoog die oorhand kry en jou beroof van die vermoë om dit toe te pas?

  •   
  • Wat is op hierdie oomblik jou moeilikste uitdaging? Bring tyd deur om verse in die Bybel te soek wat jou sal help om God se waarheid toe te pas, sodat jy in oorwinning kan leef.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How to Start Reading the Bible

Kom ons wees nou eerlik: ons weet dat dit 'n goeie idee is om die Bybel te lees, maar dit is redelik moeilik om te weet waar om te begin. Oor die volgende vier dae sal ons leer hoekom die Bybel belangrik is, hoe om 'n da...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid