Leesplan inligting

Hoe om die Bybel te begin LeesVoorbeeld

How to Start Reading the Bible

DAG 1 VAN 4

Wat die Bybel is en hoekom dit belangrik is 



Iemand wat die Bybel gereeld lees, se siel word gereeld gevoed. — Anoniem



Die Bybel, waarna algemeen verwys word as Die Woord van God of Die Skrif, is die gids vir volgelinge van Christus en is die sleutel om ons nader aan Jesus te bring. Alhoewel dit nie al ons vrae beantwoord nie, bied dit ons tog rigting oor wie God is, hoe om in 'n verhouding met ander te staan, hoe om doelgerig te leef en hoe om die ewige lewe te ontvang.



Een van die uitdagendste opdragte wat ons kan ontvang, is om te hoor dat ons die Bybel meer gereeld moet lees. Ons kan egter 'n paar kragtige waarhede oor die Bybel te wete kom, wat ons sal aanmoedig om dit deel van ons daaglikse roetine te maak. 



Kom ons praat eerstens oor wat dit is.



Die Bybel




      
  • ... bestaan ​​uit 66 afsonderlike boeke en …

  •   
  • ... is oor 'n tydperk van 1 500 jaar ...

  •   
  • ... in drie tale … 

  •   
  • ... deur meer as 40 verskillende outeurs geskryf ...

  •   
  • ... wat op drie kontinente woonagtig was ...

  •   
  • ... en almal deur God geïnspireer was.


Alhoewel hierdie boeke onafhanklik geskryf is, praat hulle oor een tema in beide die Ou- en Nuwe Testamente: die verlossing van die mensdom deur ons Verlosser, Jesus Christus.



Daar is meer as 300 profesieë in die Ou Testament wat die lewe en werk van Jesus voorspel en elkeen van hulle is in sy lewe vervul. Met al hierdie verskille in gedagte van hoe en wanneer die Bybel geskryf is, is daar geen manier waarop die meeste van hierdie profesieë net deur die skrywers voorspel kon word nie, en hulle kon ook nie saamgesweer het nie.



Daardie feite is eenvoudig verstommend! Om die Bybel te bestudeer en te leer ken, sal 'n lewenslange poging wees, omdat ons tydelike mense is wat probeer om 'n ewige God te verstaan. Tog kan ons regdeur ons lewens probeer om dit beter te verstaan. 



Ons wonder miskien hoe ons lewens regtig beïnvloed word as ons nie die Bybel lees nie. Ons kom miskien nie 'n groot verskil agter as ons 'n dag oorslaan nie. Dit is soos om medisyne vir 'n siektetoestand te gebruik — ons dink miskien dat die medisyne nie veel doen nie, maar as ons ophou om dit te gebruik, sien ons 'n beduidende verskil. Ons voel miskien nie altyd dat die Bybel ons beïnvloed nie, maar as ons dit uit ons daaglikse wandel met Jesus verwyder, sal ons sien hoe uitgehonger ons gees word. 



Terwyl ons deur hierdie leesplan werk, sal ons ontdek hoe om die gewoonte van daaglikse Bybelstudie te vestig, leer om die Woord van God in ons lewens toe te pas en leer om God meer gereeld te vertrou



Oordink




      
  • Glo jy in die geldigheid en belangrikheid van die Bybel? Hoekom of hoekom nie?

  •   
  • As dit 'n onderwerp is waaroor jy meer wil leer, is daar aanlyn baie bronne beskikbaar van mense wat hul lewens daaraan gewy het om feite oor die Bybel en die geldigheid daarvan te verkry.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How to Start Reading the Bible

Kom ons wees nou eerlik: ons weet dat dit 'n goeie idee is om die Bybel te lees, maar dit is redelik moeilik om te weet waar om te begin. Oor die volgende vier dae sal ons leer hoekom die Bybel belangrik is, hoe om 'n da...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid