Leesplan inligting

Hoe om die Bybel te begin LeesVoorbeeld

How to Start Reading the Bible

DAG 2 VAN 4

Hoe om die Bybel daagliks te begin lees



Moet nooit twee keer in 'n ry oorslaan nie. As jy een dag mis, probeer om so vinnig as moontlik weer op dreef te kom. — James Clear



Bybellees kan oorweldigend voel as dit iets is wat jy nog nie begin doen het nie. Dalk maak jy die Bybel af en toe oop, maar dis gewoonlik nie deel van jou daaglikse lewe nie. Ons kan dit vandag begin verander, deur 'n paar eenvoudige stappe deel van ons daaglikse roetine te maak. 



Jy hoef nie net een spesifieke metode te volg om die Bybel elke dag te begin lees nie. Wanneer ons elke dag die Bybel lees, sal God dinge op 'n kragtige manier aan ons openbaar, ongeag die metode wat ons volg. Soos die aanhaling hierbo sê: Moet nooit twee dae agtermekaar oorslaan nie. Nie omdat God vir ons kwaad sal wees nie — Hy sal nie, maar hoe meer dae ons mis, hoe makliker is dit om op te hou Bybellees. Hier volg 'n paar voorstelle om jou te help om die Bybel elke dag te begin lees.



Lees die Nuwe Testament.

Dit is 'n uitstekende beginpunt, want die Nuwe Testament bevat die lewe en onderrig van Jesus. Jy kan dan later die Ou Testament aanpak, maar vir beginners, of mense wat nie die Bybel verstaan ​​nie, is dit die beginpunt. Begin in Matteus en lees elke dag een hoofstuk. Maak aantekeninge of skryf vrae neer wat jy teëgekom het. Vra dit dan vir 'n vriend of 'n leraar wat die Bybel al beter ken.



Begin met 'n leesplan. 

YouVersion bied duisende leesplanne — net soos hierdie een — om jou op jou reis te help.  Daar is baie mense wat baie kundig is oor die Bybel, die geskiedenis en die agtergrond daarvan, en dit sal jou regtig help om dit te kan verstaan.  Jy kan begin deur leesplanne te vind wat jou sal help om deur die hele Bybel te lees.



Bid om leiding.

Die eerste stap is om die Bybel elke dag te lees. Dit is 'n groot stap! Terwyl jy aanhou lees en meer oor die inhoud leer, kan jy bid dat God jou waardevolle insigte daaroor sal gee. Vra God om sy waarheid lewend te maak, sodat jy waarlik in jou begrip ​​van sy Woord kan groei. 



Daar sal dae wees wanneer ons nie die Bybel wil lees nie. So baie ander dinge verg ons aandag. Daar sal ook dae wees wanneer ons dit lees, maar dit nie regtig verstaan nie. Dit is dan wanneer ons die keuse moet maak om die Bybel in elk geval te lees. Ons voel baie keer nie lus nie, maar dikwels raak ons lus as ons eers begin het. 



Soos jy vorder met hierdie nuwe daaglikse gewoonte om die Bybel te lees, sal God jou dinge wys wat jy jou nooit kon indink nie. Vertrou dat hierdie belegging op die langtermyn 'n geestelike opbrengs sal lewer. 



Oordink




      
  • Lees jy elke dag jou Bybel? Hoekom of hoekom nie?

  •   
  • Oorweeg dit om jou daartoe te verbind om jou Bybel die volgende 30 dae elke dag te lees. Jy sal heel moontlik iemand wil kry om jou aanspreeklik te hou. (Jy kan selfs 'n leesplan saam met vriende begin!)

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How to Start Reading the Bible

Kom ons wees nou eerlik: ons weet dat dit 'n goeie idee is om die Bybel te lees, maar dit is redelik moeilik om te weet waar om te begin. Oor die volgende vier dae sal ons leer hoekom die Bybel belangrik is, hoe om 'n da...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid