Leesplan inligting

Beter Saam: Soek God Saam Met Ander MenseVoorbeeld

Better Together: Seeking God With Others

DAG 7 VAN 7

Soek God Met Ywer.



Ons kan maar min op ons eie doen; saam kan ons soveel meer doen - Helen Keller


Die verhaal van die verlamde man in Lukas 5 is nogal merkwaardig. Jesus het vir hom gesê: "staan op, vat jou bed en gaan huis toe" en hy het onmiddellik gesond geword. Kom ons kyk egter eers na die vorige verse, voor ons by die wonderwerk kom. Verse 18 en 19 sê:


"Onverwags kom daar mense met 'n verlamde man op 'n draagbaar aan, en hulle probeer om hom die huis in te bring en voor Jesus neer te sit. Toe hulle vanweë die gedrang nie kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met draagbaar en al deur 'n opening tussen die dakteëls afsak tussen die mense in en vlak voor Jesus."


Reg voor Jesus.


Het jy al so 'n vriendskap gehad waar iemand jou tot by Jesus geneem het? Dié soort vriendskap waar iemand jou ondersteun, sodat jy die Skepper kan ontmoet, terwyl jy deur 'n moeilike tyd gaan of God se teenwoordigheid en leiding in jou lewe ervaar? Dié soort vriende wat weet dat hulle jou nie kan help nie, maar alles in hul vermoë doen om jou by die Een uit te bring wat kan?


Hierdie soort verhoudings is diep gewortel, doelgerig, diepgaande en noodsaaklik vir gemeenskap. Dit gebeur nie per ongeluk of vinnig nie. Dit vind net plaas met 'n vasberadenheid wat enige verhoudingsprobleme kan deurstaan.  


Daar is iets baie spesiaals aan hierdie soort gemeenskap in 'n mens se lewe. Daar sal dae wees, selfs weke, wanneer ons nie krag het om ons Bybel te lees nie. Hierdie soort gemeenskap sal ons help om 'n dieper verhouding met God te hê en verseker dat ons die wedloop voltooi. 


Wat net so verblydend is, is dat ons nie net deel van so 'n gemeenskap kan wees nie, maar dat ons ook een kan aanbied. Ons kan die hande en voete van Jesus in iemand anders se lewe wees. Hoe wonderlik sal dit nie wees as ons so ontsettend toegewyd is tot 'n groep Christene wat eendersdenkend is en mekaar kan help om by Jesus uit te kom nie? 


Die lewe is eensaam sonder sulke mense op wie ons kan staat maak en wat ons laste kan help dra. Kom ons neem 'n stap in die geloof, sonder om skrikkerig te wees om betrokke te raak. 


Gemeenskap is die moeite werd. 


Oordink



  • Bid nou vir die gemeenskap waarin God jou geplaas het. As jy dit nie nou het nie, bid vir die toekomstige gemeenskap waarin God jou gaan plaas. Vra God om jou te lei na 'n eendersdenkende groep Christene, wat daardie behoefte in jou lewe, en hulle s'n, kan vervul.

  • Skryf enige openbaring neer wat God vandag vir jou deur die Skrifgedeelte of oordenking gee.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Better Together: Seeking God With Others

God het nooit bedoel dat ons alleen moet leef nie. Ons het ander gelowiges in ons lewe nodig as ons meer soos God wil wees. Of jy nou ongelooflike mense in jou lewe het, en of jy hulle nog nie gevind het nie, maak nie sa...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid