Leesplan inligting

Beter Saam: Soek God Saam Met Ander MenseVoorbeeld

Better Together: Seeking God With Others

DAG 5 VAN 7

Spoor mekaar gereeld aan.



Vriendskap word nie deur eerlike kritiek bedreig nie. Dit word daardeur versterk. — Charles Swindoll 


Mense dink dikwels dat aanmaning en bemoediging eenders is. Dit is net gedeeltelik waar. Aansporing is bemoediging, maar dit is ook meer as dit. In Hebreërs 3:13 is die woord "aansporing" in die oorspronklike Grieks parakaleō. Dit beteken om te vermaan, raad te gee, te waarsku, uit te daag, te onderrig, te vertroos en ook te bemoedig. 


Op enige gegewe dag is daar 'n deeltjie van vermaning wat vir ons makliker is — om te onderrig, te vertroos en aan te moedig. Die moeilike deel van vermaning is egter wanneer ons iemand moet vermaan, raad gee, waarsku, of uitdaag. Dis moeilik, want mense wil nie altyd hoor wat ons te sê het nie. Selfs die mense in ons gemeenskap. 


Kom ons bespreek die twee aspekte van vermaning:


Vermaan en daag mense op die regte manier uit.

Mense is altyd gewillig om raad te gee. Elkeen het sy eie opinie oor enige iets. Dit is wat dit eintlik behels om iemand te vermaan — om hulle raad te gee of te waarsku. Dit is egter nie goed genoeg om hulle met "wêreldse wysheid" te help nie. Ons moet weet wat God in sy Woord oor die saak te sê het en daardie wysheid gebruik. As ons omgee vir die mense in ons gemeenskap, moet ons hulle raad gee, al is ons woorde nie wat hulle wil hoor nie. Ons moet ook dieselfde van ander mense verwag. Ons moet Goddelike raad gee en bereid wees om dit te ontvang.


Bemoedig en onderrig gedurig.

Die wêreld waarin ons woon is vol uitdagings en beproewings. Dit is moeilik om positief te bly as almal om jou negatief is. Wanneer ons iemand bemoedig, maak ons hulle dapper. Ons gee vir hulle 'n bietjie van ons dapperheid. Ons almal het dit nodig — selfs diegene met die gawe om ander te bemoedig. Kom ons spreek lewe en Goddelike wysheid oor iemand se karakter, omstandighede en beproewings. Volgens Hebreërs 3:13 sal die sonde ons bedrieg as ons ander mense nie bemoedig nie. As ons nie die bemoediging ontvang wat ons nodig het nie, sal ons geestelik ondervoed wees.


Moenie bang wees om vermaning uit te deel aan iemand en te ontvang van mense in jou gemeenskap nie. Dit sal ons beter voorbeelde van onsself maak, God verheerlik en ons aardse vriendskappe verdiep.


Oordink



  • Is dit moeilik vir jou om mense te bemoedig of mooi dinge oor of vir hulle te sê? Hoekom of hoekom nie?

  • Vind jy dit moeilik om uitdagende en ongemaklike gesprekke te hê? Skryf jou redes neer.

  • Skryf enige openbaring neer wat God vandag vir jou deur die Skrifgedeelte of oordenking gee.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Better Together: Seeking God With Others

God het nooit bedoel dat ons alleen moet leef nie. Ons het ander gelowiges in ons lewe nodig as ons meer soos God wil wees. Of jy nou ongelooflike mense in jou lewe het, en of jy hulle nog nie gevind het nie, maak nie sa...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid