Leesplan inligting

Beter Saam: Soek God Saam Met Ander MenseVoorbeeld

Better Together: Seeking God With Others

DAG 3 VAN 7

Pak die lewe saam aan.



Jy kan meer vriende in twee maande maak as in twee jaar — as jy 'n belangstelling toon in ander mense — eerder as om hulle te kry om in jou belang te stel. - Dale Carnegie


Handelinge 2 beskryf 'n gemeenskap: hulle het saam geëet, gebid en 'n wonderlike tyd saam gehad. Die meeste dae was met wonder gevul oor wat God gedoen het. Hulle was vrygewig en het alles wat hulle gehad het met ander gedeel wat in nood was. Hulle het elke dag tyd saam deurgebring om God met hulle hele wese te aanbid. Elke dag het hulle nuwe gelowiges verwelkom. 


Dis hoe 'n gemeenskap moet lyk. 


Ons besige lewens laat ons dalk nie toe om dikwels bymekaar te kom soos dit in die Bybel aangeteken word nie, maar ons kan tog dieselfde dinge as wat hulle ervaar het. Ons behoort dit te doen. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe hier op aarde te gaan nie. 


Om die lewe saam te ervaar kan die volgende insluit:



  • Eet saam — informeel of deftig.

  • Bestudeer die Bybel en bespreek dit.

  • Oefen saam.

  • Maak 'n geldelike bydrae om 'n gesin in nood te help.

  • Gaan kyk saam met 'n vriend na sy kind se rugbywedstryd.

  • Vra indringende vrae.

  • Gaan maak 'n vriend(in) se huis skoon, na die dood van 'n familielid.

  • Stuur vir 'n vriend 'n bemoedigende boodskap aan die einde van 'n moeilike dag.

  • Gee 'n verslae vriend(in) 'n stywe drukkie.

  • Gebruik saam nagmaal en herdenk Christus se opoffering.

  • Gaan saam op 'n reis.

  • Bid deur die nag vir 'n spesifieke saak.

  • Lag saam tot jou maag pyn.

  • Hou saam vakansie.

  • Gaan saam met 'n vriend na die noodeenheid wanneer sy seun in 'n motorongeluk was.

  • Hou 'n kombuistee vir 'n vriendin se dogter.

Dit behels al hierdie dinge en nog baie meer. Wanneer ons eers deel van 'n gemeenskap is, kan ons nie net ons rug op hulle draai as dinge ongemaklik of ongerieflik raak nie. Dit sal een of ander tyd gebeur. Gemeenskap beur saam deur teëspoed en swaarkry. Gemeenskap loop die pad saam en glo die beste. 



Jy kan nie na een besoek aan 'n klein groepie mense besluit dat dit nie binne jou bereik is nie. Dit is! Ons moet net aanhou probeer om die mense te vind saam met wie ons die lewe wil aanpak. Die mense wat ons in ons lewens deur die verskillende tydperke van ons lewens wil hê en die mense saam met wie ons deur die goeie en slegte tye wil gaan.


Gemeenskap is net so goed soos ons dit maak. As ons dit begeer, moet ons die moeite doen om dit te laat werk. Goddelike, Christus-gesentreerde verhoudings is ingewikkeld, want mense is nie perfek nie. Sulke gemeenskappe neem tyd om te ontwikkel. 


Oordink



  • Is daar mense in jou lewe met wie jy 'n hegte verhouding het? Indien nie, wat verhoed jou om dit te vind?

  • Skryf enige openbaring neer wat God vandag vir jou deur die Skrifgedeelte of oordenking gee.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Better Together: Seeking God With Others

God het nooit bedoel dat ons alleen moet leef nie. Ons het ander gelowiges in ons lewe nodig as ons meer soos God wil wees. Of jy nou ongelooflike mense in jou lewe het, en of jy hulle nog nie gevind het nie, maak nie sa...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid