Leesplan inligting

Beter Saam: Soek God Saam Met Ander MenseVoorbeeld

Better Together: Seeking God With Others

DAG 4 VAN 7

Deel eerlik.



Mense is nie perfek nie. Ek, jy, ons almal het probleme. As jy dink jy het nie 'n probleem nie … is DIT jou probleem. - Stephen Blandino


Die meeste van ons het vriende. Of dit 'n verrykende, diepgaande gemeenskap is waarvan ons in dag drie gepraat het, of vriende saam met wie ons gaan fliek of na 'n wedstryd gaan kyk; die meeste van ons het iemand. Ons is egter dikwels nie openhartig in daardie vriendskappe nie. Ons hou mense op 'n afstand, want ons wil nie hê hulle moet sien wie ons regtig is nie; die dele van ons wat nog lelik is en werk nodig het. As hulle sien wie ons regtig is, mag hulle dalk uit ons lewens verdwyn en ons uit hulle lewens verwyder.


Die waarheid is: ons almal het probleme. As ons dink ons is van probleme gevrywaar, is dit ons probleem. Dit is dus noodsaaklik dat ons daardie iemand of groep vind met wie ons openhartig kan wees. Dit is die wese van gemeenskap.


Wanneer ons uiteindelik op die plek kom waar ons ons stryd met 'n vriend(in) deel, word ons dikwels met ope arms aanvaar. Dis verstommend hoe kwesbaarheid net nog meer kwesbaarheid kweek. Ons moet daarvan ontslae raak. Almal van ons het iets wat ons moet deel en "van ons harte moet afkry."


Teenoor wie kan ons dus openhartig wees? 


Mense wat bewys het dat hulle betroubaar is, wat gegrond is in die Woord van God en wat ons vertroue sal behou. Daar word gesê dat ons opreg moet wees teenoor elkeen wat ons ontmoet. Ons moenie 'n glimlag op ons gesig sit en optree asof alles in ons lewens in orde is nie. Ons kan sê dat ons 'n moeilike dag gehad het en eenvoudig aangaan sonder om te verduidelik nie. Deursigtigheid is egter 'n ander saak, en dit word behou vir net 'n paar uitgekose mense. Wanneer ons sukkel, kan ons openhartig wees met die mense wat ons vertroue verdien het en ons laste saam met ons kan dra. 


God gee vir ons sy vergifnis verniet. Ons moet net ons sondes teenoor Hom bely. Jakobus 5:16 sê egter dat as ons genesing en vryheid wil hê van die sondes wat ons nog laat struikel, moet ons dit teenoor mekaar bely. Om ons harte teenoor 'n getroue vriend(in) oop te maak, bring 'n gevoel van verligting en vryheid en ook 'n geleentheid om deernis en wysheid te ontvang.


Oordink



  • Is daar mense in jou lewe teenoor wie jy heeltemal openhartig kan wees? 

  • Hoe reageer jy gewoonlik as iemand hulle vertroue in jou stel? Reageer jy met genade of veroordeling?

  • Skryf enige openbaring neer wat God vandag vir jou deur die Skrifgedeelte of oordenking gee.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Better Together: Seeking God With Others

God het nooit bedoel dat ons alleen moet leef nie. Ons het ander gelowiges in ons lewe nodig as ons meer soos God wil wees. Of jy nou ongelooflike mense in jou lewe het, en of jy hulle nog nie gevind het nie, maak nie sa...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid