Leesplan inligting

Beter Saam: Soek God Saam Met Ander MenseVoorbeeld

Better Together: Seeking God With Others

DAG 1 VAN 7

Hoekom het ons gemeenskap nodig?



Wat sal gebeur as ons mekaar beter ondersteun? - Andy Stanley 


Van die begin van die skepping af was dit nooit die doel dat ons alleen moet wees nie. God het dus iets daaraan gedoen; Hy het gemeenskap met ander mense geskep.  


Dis waar gemeenskap ter sprake is. 


Wat is gemeenskap nou eintlik? As volgelinge van Christus, behels dit dat ons betekenisvolle verhoudings het, en dinge met mekaar deel, mekaar bemoedig, dien en vergewe, en God terselfdertyd getrou navolg. 


In 'n gemeenskap kan ons ons ware self teenoor ander wees. Dis vir ons 'n veilige plek; die plek waar ons ons grootste suksesse en vreugdes met ander kan deel, en ook ons moeilikste tye en mislukkings. Ons is deel van mekaar se lewens in die uitsonderlike tye sowel as die alledaagse lewe. Dis om ander te ken en deur ander in diepte geken te word. Dis om God na te volg en te onwikkel in die beste persoon wat jy kan wees, tot sy verheerliking. Dis om die goeie stryd te stry en die mense in ons lewens te help om dit ook te doen. 


Die Bybel is duidelik oor baie dinge, en een van hulle is dat ons ander moet liefhê. Daar is 59 verse in die Nuwe Testament wat vir ons sê hoe om mense te behandel. Hier is 'n paar "mekaar-handelinge" wat ons moet doen:



  • dien mekaar (Galasiërs 5:13)

  • eer mekaar (Filippense 2:3)

  • bemoedig mekaar (Hebreërs 3:13)

  • bid vir mekaar (Jakobus 5:16)

  • onderrig mekaar (Romeine 15:14)

  • vergewe mekaar (Efesiërs 4:32)


Ons kan nie mekaar ondersteun as ons in afsondering lewe nie. Nie net dit nie, maar ons sal 'n pynlike leemte ondervind wat net deur godvrugtige verhoudings gevul kan word. Wanneer ons besluit om ons van ander mense te onttrek, is ondersteuning buite ons bereik. Ons sal die rykdom misloop van hegte verhoudings wat ons aan ander kan bied en dit wat ons daaruit kan put.


Deur die loop van die volgende ses dae van hierdie leesplan, sal ons van naderby kyk wat 'n gemeenskap behels en hoe om daarvan deel te wees, sodat dit ons verhoudings kan verdiep. 


Oordink



  • Maak dit jou opgewonde of bang om van 'n gemeenskap van gelowiges deel te wees? Hoekom?

  • Vra God om vir jou die volgende stap te wys hoe om op 'n dieper vlak van 'n gemeenskap deel te wees en dit te ontwikkel.

  • Skryf enige openbaring neer wat God vandag vir jou deur die Skrifgedeelte of oordenking gee.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Better Together: Seeking God With Others

God het nooit bedoel dat ons alleen moet leef nie. Ons het ander gelowiges in ons lewe nodig as ons meer soos God wil wees. Of jy nou ongelooflike mense in jou lewe het, en of jy hulle nog nie gevind het nie, maak nie sa...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid