Leesplan inligting

God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld

God's Dream For Your Life

DAG 1 VAN 19

Jou Geestelike Groei Vind Plaas In Ses Fases


Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Toe raak Hy aan hulle oë en sê: 'Wat julle glo, sal gebeur.'” Dit is die geheim van om 'n volgeling van Jesus Christus te wees. God sê: "Dit is jou keuse hoeveel seën Ek oor jou lewe uitstort. Jy glo, ek laat dit gebeur. Jy glo, Ek seën.”


Geloof is soos 'n spier — dit ontwikkel. Afhangend van hoe gereeld jy dit gebruik, kan dit sterker of swakker word. Hoe bou God jou geloof? Hy gebruik 'n eenvoudige proses en as jy die proses verstaan, kan jy saam met Hom werk.


Die eerste fase is die droom wat God in jou hart plaas. Volgende, die keuse wat jy daaroor maak. Die derde fase is die wagperiode, God laat dinge op sy tyd gebeur. In die volgende fase is probleme, waar God jou toets. Dan kom jy dalk 'n doodloopstraat teë, wat jou sal wil laat tou opgooi. Dan kom God se verlossing, die laaste fase van geloof.


As 'n pastoor is een van die vrae wat ek seker die meeste hoor: “Hoekom ek? Hoekom gebeur dit met my? Ek verstaan nie.” As jy nie God se ses fases van geloof — wat Hy gebruik om jou karakter te bou — verstaan nie, gaan jy moedeloos word. Selfs verontwaardig. Jy sal definitief bekommerd wees. Jy sal dalk depressief wees en vrees oor jou toekoms beleef. Jy sal nie saam met God kan werk as jy nie die proses verstaan waardeur Hy jou neem nie. Jy sal beter verstaan wat God doen as jy die ses fases van geloof verstaan en jy sal nie so gou mismoedig word nie, maar kan identifiseer in watter fase jy is.


Markus 9:23 sê: “Vir die een wat glo, kan alles.”


Wil jy sterker geloof hê op hierdie groot avontuur saam met God? Dan moet jy eers die ses fases van geloof verstaan, sodat jy nie tou opgooi wanneer jy nie dadelik antwoorde kry of resultate sien nie.


Luister na vandag se lering van Pastoor Rick >>


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God's Dream For Your Life

Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo...

More

Leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid