Leesplan inligting

God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld

God's Dream For Your Life

DAG 5 VAN 19

Moenie Jou Uniekheid Vermors nie


Om uit te vind wat God se doel is vir jou lewe, moet jy uitvind waarin jy goed is. Hoekom sal God vir jou sekere gawes, bekwaamhede en talente gee sonder om te verwag dat jy dit gebruik? Dit sal tevergeefs wees.


God gee vir jou geestelike gawes, passie/hartstog, vaardighede, 'n persoonlikheid en ondervinding wat jou uniek maak. Bestee tyd daaraan om uit te vind hoe God jou geskep het, want dit sal vir jou die rigting van jou lewe aandui. Vra jouself af: "Waarin is ek goed? Wat geniet ek om te doen? Wat is my passie? Wat kikker my op en wat keur ek af? Wat sien ander in my raak? Hoe kan God my gawes in sy koninkryk gebruik?”


Efesiërs 2:10 sê: “Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.” Die Griekse woord "poiema" is die woord vir God se handewerk. Die Engelse woord "poem", wat gedig beteken, stam van "poiema" af. Jy is God se gedig. Jy is sy wonderwerk. Jy is uniek. Daar is niemand soos jy nie!


Daar is egter meer aan die lewe as om uniek te wees. God wil hê jy moet ook doeltreffend wees. Hy het jou geskep sodat jy goeie werke kan verrig. God het 'n doel vir jou al van voor jou geboorte af. Hy het gesê: "Ek skep hierdie persoon met spesifieke gawes, vaardighede en talente. Hy gaan deur goeie asook moeilike tye gaan wat hom die nodige ondervinding gaan gee. Ek gaan alles ten goede laat meewerk vir hom wat volgens my besluit geroep is.”


Jy gaan eendag voor God staan en Hy gaan jou vra: "Wat het jy gedoen met dit wat Ek vir jou gegee het?” As jy nie jou ondervinding en uniekheid gebruik tot eer van God nie, mis jy die hele punt.


Ons is hier om te dien. Ons noem dit 'n bediening — om jou gawes en talente te gebruik om ander te help. Vervulling beteken om te wees wie en wat God jou geskep het om te wees.


Die Bybel sê: “As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy 'n genadegawe ontvang het, die ander dien” (1 Petrus 4:10).


Luister na vandag se lering van Pastoor Rick >>


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

God's Dream For Your Life

Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo...

More

Leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid