Leesplan inligting

God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld

God's Dream For Your Life

DAG 2 VAN 19

Van Droom tot Verlossing


As jy in jou geloof wil bou om God se belofte in Markus 9:23 — “Vir die een wat glo, kan alles” — te vervul, moet jy eers verstaan dat God jou deur ses fases van geloof neem.


Fase 1: Droom Wat is die droom wat God vir jou gegee het? Sonder 'n droom waarheen jy werk, bestaan jy net. Bid en vra: “God, gee vir my u droom.” Jy is hier op aarde geplaas met 'n doel. Vind uit wat daardie doel is en jy sal God se droom vir jou ontdek.


“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink” (Efesiërs 3:20).


Fase 2: Besluit Jy weet dalk al wat God se droom vir jou is, maar het jy al besluit om daarna te streef? God sê vir jou in fase 2: “Spring dan weg!” Neem die besluit en die volgende stap: gee jou hart vir Jesus of word gedoop of sluit aan by die kerk of raak betrokke by bedieninge.


"So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie” (Jakobus 1:7-8).


Fase 3: Uitstel Ons is geneig om vooruit te wil gaan en kortpaaie te soek wanneer dinge nie volgens ons tydsberekening plaasvind nie. Moenie 'n kortpad volg nie! Jy gaan heel moontlik dan die verkeerde besluit neem. Jy is in God se wagkamer. Wag vir Hom om sy volgende stap uit te voer.


God sê in Habakuk 2:3: “Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.”


Fase 4: Probleme Wat is die probleme wat jy teëkom terwyl jy wag vir jou droom om waar te word? Jy gaan op die proef gestel word, maar God weet waardeur jy gaan. Hy hou jou dop, Hy het nie van jou vergeet nie.


“Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus” (1 Petrus 1:6-7).


Fase 5: Doodloop Sommige van julle het 'n doodloopstraat bereik en is gereed om tou op te gooi. Jy is egter presies waar God jou wil hê! Hy berei jou voor vir verlossing. God se woorde aan jou is: "Hou moed! Moenie tou opgooi nie!”


“Ons wil hê, broers, dat julle moet weet van die moeilikhede wat ons in die provinsie Asië ondervind het. Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het. Trouens, dit het vir ons gevoel asof die doodvonnis klaar oor ons uitgespreek is. Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe” (2 Korintiërs 1:8-9).


Fase 6: Verlossing Verwag en vertrou jy dat God jou Verlosser is? Hy is. Alhoewel Hy jou nie oornag gaan verlos nie, maar jou deur al ses fases van verlossing neem.


Luister na vandag se lering van Pastoor Rick >>


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

God's Dream For Your Life

Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo...

More

Leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid