Leesplan inligting

God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld

God's Dream For Your Life

DAG 6 VAN 19

Drie Voordele van Om Jou Droom Met Ander te Deel


Jy moet ander vertel wat jou droom van God af is. Deur ander te vertel, verklaar jy dit in geloof en hulle sal deel daarvan wil wees. Jy visualiseer eers jou droom en dan sê jy: "Ek glo dit is wat God wil hê ek met my lewe moet doen.”


Op 30 Maart in 1980, gedurende my eerste preek in Saddleback kerk, het ek voor 60 mense gestaan en die droom vir Saddleback gelees. Dit was 'n geloofsverklaring dat Saddleback 'n kerk sal wees waar dié wat seer het, aanvaarding en toewyding sal vind, 20 000 lidmate verwelkom gaan word en by die duisende op sendingswerk gestuur gaan word na verskeie lande, elke jaar nog 'n kerk gaan oopmaak en God geloof en geprys gaan word op 'n groot kampus.


Ek het sekerheid gehad oor die droom vir Saddleback, en in geloof het ek geweet dit gaan waar word. Hoe? Want ek het my inspirasie by God gekry. Dit beteken nie dat ek nie bang was nie! Ek het net geweet dat vrees my daarvan gaan weerhou om te doen wat God wil hê ek moet doen.


Drie voordele om ander van jou droom te vertel:


1. Dit spoor jou aan om aan die werk te spring. Jy is verantwoordelik om aan die gang te kom, sodra jy dit uitgespreek het.


2. Dit lok ander mense se ondersteuning. Die oomblik wat ek my droom verklaar het, wou ander mense deel wees daarvan. 'n Droom van God af gaan mense, wat jy nog nie eers ken nie, lok.


3. God se krag tree in werking. Deur jou geloof, klim jy uit die boot uit en begin om op die water te loop. God sal jou bo hou!


Luister na vandag se lering van Pastoor Rick >>


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

God's Dream For Your Life

Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo...

More

Leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid