Leesplan inligting

God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld

God's Dream For Your Life

DAG 9 VAN 19

Soms Vertraag God Jou Droom Met Opset


Drome word nooit dadelik waar nie. Daar is altyd 'n wagperiode. Abraham het die droom gehad om 'n vader van nasies te wees en hy moes 90 jaar wag voordat hy 'n seun gekry het. Noag het die droom gehad om 'n ark te bou, maar dit het 120 jaar geneem. Die Israeliete was vir 40 jaar deur die woestyn gelei voordat hulle die land wat oorloop van melk en heuning kon binne gaan.


Net soos die Israeliete, is ons drome ook soms bedoel om later vervul te word. God gebruik die wagperiodes om ons voor te berei. Elke droom het sy stryd en God gebruik die wagperiode om ons daarvoor voor te berei. God het geweet dat, as die Israeliete onvoorbereid na die oorlog toe moes gaan, hulle dit nie sou oorleef nie. Hy het tyd nodig gehad om hulle voor te berei.


God gebruik ook die wagperiodes om ons op die proef te stel. In Deuteronomium 8:2 staan daar: "Jy moet onthou hoe die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het. Hy het dit gedoen om jou nederig te laat word en om jou op die proef te stel sodat Hy kan weet wat jy dink en of jy sy gebooie sal gehoorsaam of nie."


Hoe moet jy dan reageer wanneer jou droom vertraag is?


Moenie bang wees nie!


Dit is die eerste fout wat die Israeliete gemaak het. Deuteronomium 1:28 sê: "Waarheen kan ons nou gaan? Ons broers het ons moed gebreek toe hulle gesê het: Daar woon 'n volk wat groter en sterker is as ons. Hulle het groot stede en sterk, hoë vestings. Ons het ook die Enakiete, die reuse, daar gesien." Die Israeliete het oor genoeg geloof beskik om Egipte te verlaat, maar nie genoeg gehad om die land wat oorloop met melk en heuning binne te gaan nie. Hulle was bang.


Die probleem van bang wees, is dat dit jou in die wildernis vasvang. Dit maak die wagperiode langer. Baie van jou drome word nie waar nie as gevolg van jou, nie God nie, omdat jy nie die eerste tree in geloof neem nie.


Die teenmiddel teen vrees is om op God te fokus. Besef dat God by jou is. Fokus op God se teenwoordigheid wanneer jy bang is om die droom te volg wat Hy vir jou gegee het. Hy sê: "Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou” (Jesaja 41:10). Hy is altyd by jou, Hy was nog altyd en sal altyd wees.


Sommige van julle is nou in die wagperiode. Julle bid vir iets wat nog nie gebeur het nie. Jy begin dalk al dink dat God van jou vergeet het.


God het nie van jou vergeet nie. Jou droom is met opset vertraag. God weet waardeur jy gaan. Hy wil jou karakter bou en jou leer om op Hom te vertrou. Jy kan op Hom staat maak vir sy hulp. Moenie bang wees nie.


Luister na vandag se lering van Pastoor Rick >>


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

God's Dream For Your Life

Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo...

More

Leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid