Leesplan inligting

God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld

God's Dream For Your Life

DAG 4 VAN 19

Wil Jy God Hoor: Wees Stil en Luister!


Jy moet stil wees om God te hoor praat. Jy sal die televisie moet afsit om God se visie te hoor. Jy kan nie na God en die televisie gelyk luister nie!


Die rede hoekom God dalk nooit met jou praat nie, is moontlik omdat jy nooit stil is nie. Iets is altyd aan die broei in jou gedagtes. God kry dus die heeltyd 'n lyn wat beset is wanneer Hy jou probeer skakel. Jy moet alleentyd saam met God inruim.


Die Bybel sê in Job 37:14: “Luister hierna, Job, staan stil en dink na oor die wonderdade van God.”


God wil tyd saam met jou deurbring. Hy sê: “Staan stil, wees stil, wees alleen, sonder jouself af, sodat Ek met jou kan praat."


Soms kry ons as grootmense die kriewels in ons gees. Ons kan net nie stil sit en stil wees nie.


Sal jy 'n dag in jou lewe opoffer om God se droom vir jou lewe te ontdek? Is dit die moeite werd om 'n hele dag niks anders te doen as om alleen saam met God te wees nie? Bid en praat met God. Laat God met jou praat deur die Bybel. Wees rustig. Dink. Skryf die gedagtes neer wat Hy jou laat dink. Stel doelwitte. Kyk na jou program. Prioritiseer. Bring die dag deur om te sê: “Waarheen moet ek gaan, Here? Watter rigting?"


God praat met mense wat tyd maak om te luister — nie net vir 'n dag nie, maar gereeld. Ons noem dit stiltetyd.


Dink jy dat jy nie die tyd daarvoor het nie? Dit is noodsaaklik om uit te vind wat jou doel op aarde is. Maak tyd.


Luister na vandag se lering van pastoor Rick >>


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God's Dream For Your Life

Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo...

More

Leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid