Leesplan inligting

God Se Droom Vir Jou LeweVoorbeeld

God's Dream For Your Life

DAG 19 VAN 19

Jesus Verander Jou "Hopelose Einde" na "Eindelose Hoop"


Wat verwag jy van God in jou huidige situasie? Sommige van julle verwag nie dat Hy enigiets gaan doen nie. Onthou God werk in jou lewe volgens jou verwagtinge. Dis geloof!


Paulus het dit geweet. Die Bybel sê in 2 Korintiërs 1:9-10: “Trouens, dit het vir ons gevoel asof die doodvonnis klaar oor ons uitgespreek is. Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe. Dit is Hy wat ons uit so 'n groot doodsgevaar gered het en ons weer sal red. Op Hom is ons hoop gevestig: Hy sal ons ook verder red.”


Dit is die sesde fase: verlossing.


Die doel van die doodloopstraat is om jou te leer om op God te vertrou. Hoekom laat God toe dat dinge so sleg en so buite beheer raak? Sodat jy kan leer om op Hom te vertrou in plaas van in jou eie vaardighede en slimmigheid.


Wat is die belofte wanneer jy op God vertrou? Hy het jou verlos, Hy sal jou verlos en Hy sal aanhou om jou te verlos. God gebruik drie verskillende tipe vorms van verlossing in hierdie laaste fase:


1. God gebruik verlossing van jou omstandighede. God sal soms die omstandighede wonderbaarlik verander, en die Rooisee in twee deel. Dit sal baie keer in jou lewe gebeur, maar nie elke keer nie.


2. God gebruik persoonlike verlossing. In plaas daarvan om jou omstandighede te verander, verander God jou van binne. Jy kry 'n nuwe droom, 'n nuwe visie, 'n nuwe houding en 'n nuwe perspektief.


3. God se finale verlossing is die hemel. God het nie belowe om al jou seerkry te verwyder of al jou probleme op te los in hierdie wêreld nie. Daar is pyn, lyding en seerkry op aarde. Finale verlossing is om eendag in die hemel te wees waar daar geen pyn, hartseer en lyding is nie.


Daar is net een manier om in die hemel te kom. "Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Johannes 14:6). Wanneer jy jou doodloopstraat bereik kan Jesus daardie hopeloosheid laat eindig en in eindelose hoop verander.


Is jy by 'n doodloopstraat? Ek raai jou aan om daardie probleem, die situasie en jou eie lewe vir Jesus Christus te gee.


Luister na vandag se lering van Pastoor Rick >>


Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

God's Dream For Your Life

Die Bybel sê in Matteus 9:29: “Wat julle glo, sal gebeur.” Dit is die geheim om Jesus Christus te volg. God sê: "Jy besluit hoe ek jou lewe seën. Jy glo, Ek seën.” Vergesel Pastoor Rick in hierdie reeks oor hoe om te glo...

More

Leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Word gebruik met toestemming.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid