Leesplan inligting

StormbestandVoorbeeld

StormProof

DAG 1 VAN 21

Die meeste verhale in die lewe begin nie eintlik by die begin nie — ten minste nie wat ons as die begin beskou nie. Om voor die aanvang van die stormverhaal te begin, moet ons eers na die wonderwerk wat dit voorafgegaan het kyk. 



In Matteus 14 het Jesus pas die nuus ontvang dat sy neef, Johannes, vermoor is. Hy het 'n plek nodig gehad waar hy alleen kon wees om die menslike pyn van verlies te verwerk en te rou oor die lewe van sy geliefde vriend en medewerker in die bediening. Hy kon egter nie in hierdie tyd van tragedie alleen wegkom nie. Die skare het ontdek waar Hy is. 



"Toe dit al aand begin word, het [Jesus] se dissipels vir Hom kom sê: 'Dit is 'n afgeleë plek en dit het al laat geword. Stuur die mense terug dat hulle vir hulle kan gaan kos koop in die dorpe.'” 



Die dissipels het op hul gebrek gefokus — dit wat hulle nie gehad het nie — eerder as wie by hulle is! Hulle het na die feite gekyk, maar Jesus roep altyd sy dissipels om verby die tydelike feite van 'n situasie te kyk en eerder geloof te hê in sy krag om ewige realiteite vir hulle te wys. Die dissipels was oorweldig deur die omstandighede, terwyl Jesus vol vaderlike deernis was vir die menigtes wat gekom het om na Hom te luister en lewegewende woorde te hoor. 



Die dissipels het verkies om te glo in wat hulle kon sien; Jesus het egter in geloof gewandel en raakgesien wat hulle misgekyk het — Hy het die moontlikheid van 'n wonderwerk gesien. Jy kan kies of jy in geloof gaan leef of gaan glo in dit wat jy kan sien, ongeag die dreigende storm wat vir jou wag. Jy kan geloof kies of jy kan paniekerig raak; jy kan kies om te vertrou dat die Vader jou sal beskerm of jy kan kies om negatief te wees. Dis jou keuse. 



Die dissipels kon "net vyf brode en twee visse" aanbied, wat 'n jong seun uit die skare vir hulle gebring het. Die woord "net" is egter nie in Jesus se woordeskat nie. 



Jy sal nooit deel van 'n wonderwerk kan wees as jy net sien wat jy in jou hande het nie. Jy moet verder kyk en die hemelse krag sien en jouself herinner dat daar wel 'n God is wat inderdaad ingryp in die sake van mense. Daar is 'n God wat meer as genoeg is in enige omstandigheid in jou lewe. Daar is 'n God!


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

StormProof

Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat da...

More

Ons wil graag "Carol McLeod Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.carolmcleodministries.com.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid