Leesplan inligting

StormbestandVoorbeeld

StormProof

DAG 8 VAN 21

God, die Vader van die hele skepping, het persoonlik vir Noag en sy gesin genooi om in die ark in te gaan en Hy het die uitnodiging met 'n belofte bekragtig. Al die ander mense op die aarde sou vernietig word, maar as gevolg van Noag se gehoorsaamheid en geregtigheid, is hy en sy gesin in veiligheid gebring. Noag en sy vrou, saam met sy seuns en hulle vrouens, sou die ark met versekering en hoop binnegaan! 



Jy verstaan dalk nie altyd God se opdragte nie, maar gehoorsaam hulle in elk geval! God se versoeke klink dalk nie in pas met jou menslike denke nie, maar gehoorsaam hulle in elk geval! God vra nooit sy kinders om alles ten volle te verstaan nie, maar Hy vra dat ons Hom heelhartig sal volg. 



Noag het so gemaak; hy het alles gedoen net soos God vir hom die opdrag gegee het. (Genesis 6:22)



Kan God nie maar daardie selfde woorde vir my sê nie? Kan ek nie ook bekendstaan as 'n mens wat dadelik alles gehoorsaam wat die Vader beveel nie? God sal ongetwyfeld vir sy kinders vra om moeilike dinge te doen, maar wanneer daardie moeilike dinge met die vreugde van gehoorsaamheid in aanraking kom, kan jy beslis weet dat die seëninge van die Vader baie gou daarop sal volg! 



Ons ignoreer dikwels die komende seën en konsentreer op hoe moeilik dit is om gehoorsaam te wees; ons vergeet herhaaldelik van die vreugde en bepeins net die opdrag. Noag se lewe is 'n klinkklare bewys dat die pad na 'n standhoudende nalatenskap op 'n leefstyl van gehoorsaamheid en getrouheid gebaseer is. 



Wanneer ons kies om die Here in die vreedsame tye van ons lewens te gehoorsaam, kan dit 'n heilige daad van onderwerping van ons kant af word. Wanneer ons gehoorsaam is, word ons "ark" volgelaai vir die aankomende tyd van onstuimige omstandighede en dan sal dit 'n veilige plek wees as die storm om ons woed. 


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

StormProof

Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat da...

More

Ons wil graag "Carol McLeod Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.carolmcleodministries.com.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid