Leesplan inligting

StormbestandVoorbeeld

StormProof

DAG 3 VAN 21

Watter soort vrae vra jy wanneer jy midde in 'n storm is? Daardie vrae kan dalk net bepaal wat jou potensiaal is om die storm te oorkom. Kom ons dink na oor die vraag wat Petrus vir Jesus gevra het toe Hy te midde van die storm op die meer aangeloop gekom het.



Petrus het vir [Jesus] gesê: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom” (Matteus 14:28).



Dalk was Petrus se bedoeling dat elkeen in die klein houtskuitjie moes verstaan wat Jesus se nabyheid vir almal gebied het: "Jesus, as dit regtig U is, beteken dit dat 'n wonderwerk gaan plaasvind!" 



Petrus, die avonturier en geloofsman het hierdie oomblik as die geleentheid van 'n leeftyd gesien. Hy het geweet hy kon deel wees van 'n aanskoulike wonderwerk van Jesus en daarom het hy in werklikheid gesê: "Jesus, ek wil hê wat U het!" 



Petrus, 'n gewone man, het saam met Jesus, die Seun van God, op die water geloop en die wette van die natuur omvergewerp. 



Petrus, die onopgevoede (maar uitgesproke) visserman, het stormagtige branders letterlik as trappe gebruik om by sy geliefde Here uit te kom. 



Petrus, die man wat Christus drie keer sou verraai, het Jesus se uitnodiging aanvaar om oor die water van die meer, buite die skuit, na Hom toe te "kom"! 



Tog, toe Petrus begin om rondom hom na sy omstandighede te kyk, het hy die krag van die wind gesien en bang geword. Die oomblik toe hy sy oë van Jesus af wegneem en meer van die storm as van sy Verlosser bewus geword het, begin hy sink. Dis baie duidelik; indien jy meer bewus is van jou persoonlike storm as van die teenwoordigheid en krag van Jesus, sal jy net soos Petrus oorweldig word deur vrees, en vind dat jy in meer moeilikheid is as wat jy kan hanteer. 



Die oomblik toe Petrus na Jesus uitreik en sy hand vat, was hy weer bo-op die water. My deurwinterde vriend, al het jy vernietigende en onvergeetlike foute in jou lewe gemaak, gryp Jesus se hand! Kyk in sy glinsterende oë en hou aan Hom vas met elke greintjie krag wat in jou stormagtige lewe oor is! 



Dit maak nie saak hoe lank jou storm al aan die woed is of hoe erg jou omstandighede geword het nie, Jesus ignoreer nie jou storm nie. Hy is op pad en sal beslis jou storm laat bedaar in sy perfekte en volmaakte tydsberekening. 



 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

StormProof

Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat da...

More

Ons wil graag "Carol McLeod Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.carolmcleodministries.com.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid