Leesplan inligting

StormbestandVoorbeeld

StormProof

DAG 2 VAN 21

Onmiddellik na Jesus die brood en vis wonderbaarlik vermeerder het, het Hy by die dissipels aangedring om in hulle skuit te klim en oor die See van Galilea te vaar. 



Die dissipels het al vir omtrent 12 ure lank verbete teen die wrede storm geveg en hulle opsies vir 'n veilige vaart na hulle bestemming was uitgeput. Toe Jesus op die berg met sy Vader gepraat het, het Hy dalk vir hierdie groep van 12 dissipels gebid wat Hy gekies het. Dalk het Hy gehoop dat hierdie manne wat nog in die vlees en nie in geloof gelewe het nie, teen hierdie tyd al 'n les of twee geleer het. Dalk het Hy gehoop dat hulle die woorde sou onthou wat Hy die laaste keer gebruik het toe hulle in die middel van die meer deur 'n storm oorval is: “Hou op! Bedaar!” (Markus 4:39).



Storms is geneig om die kern van ons probleme te bereik en óf twyfel en teleurstelling, óf geloof en hoop na vore te bring. Hierdie dissipels was in die direkte pad van hierdie spesifieke storm vir die enkele rede dat hulle Jesus gehoorsaam het. Hulle was daar as gevolg van Goddelike leiding. Die Here het hulle in die pad van hierdie enorme, dodelike storm geplaas. Daar is geen storm op aarde wat 'n verrassing is vir die Een wat die wind en water gemaak het nie. 



Die dissipels in hierdie klein skuitjie was vyf kilometer van die veiligheid van die kus waarvandaan hulle geroei het. Die menslike oog kan nie vyf kilometers ver sien nie, veral nie in 'n storm met woeste winde en hewige vlae reën nie. Alhoewel die dissipels nie vir Jesus kon sien nie, kon Hy hulle sien! 



Toe Jesus sien dat die dissipels bang is, het Hy hulle nie reggehelp of gedissiplineer nie. Hy het hulle bemoedig. Teen daardie tyd het Jesus nog nie die storm laat bedaar nie. Die storm het aangehou om buite beheer te woed en 'n groot bedreiging vir hulle lewens te skep. Net so, voordat Jesus die storm in jou lewe stilmaak, sal Hy eers jou vrese stilmaak. Jesus kom na jou toe in die storm om vir jou sy moed te bring! 



My vriend, jy kan baie seker weet dat Jesus na jou toe sal kom te midde van jou wrede, woedende storm. Jy mag Hom dalk nie dadelik herken nie, maar Hy sal sekerlik kom omdat Hy beloof het dat Hy jou nooit sal verlaat of in die steek laat nie. 



 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

StormProof

Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat da...

More

Ons wil graag "Carol McLeod Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.carolmcleodministries.com.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid