Leesplan inligting

StormbestandVoorbeeld

StormProof

DAG 9 VAN 21

Na 'n verblyf van 350 eindelose dae in 'n bedompige ark, met leeus, hiënas en kraaie, was Noag en sy gesin amper vry om weer op droë grond te gaan woon. 



Terwyl jy bewus word dat jou storm sy einde nader, ruim tyd in om te juig oor alles wat God te midde daarvan vir jou gedoen het. Moenie die geleentheid mis om die vars lug van die nuwe begin wat God vir jou gee, in te asem nie. 



Die gewag wat Noag en sy gesin beleef het voordat hulle die ark kon verlaat, moes seker oneindig vir hulle gevoel het, en tog het hulle binne gebly totdat God gesê het: "Gaan uit die ark uit." Om vir God se tydsberekening te wag is soms een van die moeilikste dele van 'n storm wat in jou lewe woed. Jy kan egter seker wees dat God op die regte tyd met jou sal praat en opdragte gee oor jou nuwe begin. 



Die eerste ding wat Noag gedoen het toe hy uit die ark kom, was om 'n altaar vir die Here te bou! God het Noag onthou en Noag het God onthou! Noag het nie gekla omdat hy nie 'n huis gehad om in te woon of geen landerye gehad het nie; hy het aan sy dankbaarheid teenoor God, wat alles nuut maak, uitdrukking gegee. 



Na alles, as 'n groot "amen" op die vloed, het God 'n sigbare teken gegee wat in die toekoms as 'n herinnering sou dien dat Hy 'n ooreenkoms gemaak het om die skepping nooit weer met 'n vloed te vernietig nie. Die sigbare teken van God se ewige belofte was 'n reënboog. 



Ons dien 'n God wat ooreenkomste maak en beloftes hou! Terwyl jy die vernietiging wat 'n storm in jou lewe veroorsaak het agterlaat, onthou dat God elke belofte hou wat Hy gemaak het. Hy is getrou en doen sy Woord gestand. Hy sal altyd die laaste sê hê en dit sal altyd 'n goeie woord wees! Ons sal nooit die doel van die storm waardeur ons gaan ten volle verstaan nie, maar ons kan weet dat God altyd sy beloftes hou. 


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

StormProof

Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat da...

More

Ons wil graag "Carol McLeod Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.carolmcleodministries.com.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid