Leesplan inligting

StormbestandVoorbeeld

StormProof

DAG 6 VAN 21

Paulus en sy mede-reisigers aan boord van die skip, is twee weke lank deur 'n hewige storm geteister toe hulle uiteindelik die branders op land hoor breek. Die goeie nuus was dat hulle naby land was! Die slegte nuus was ... hulle was naby land! 



Wat het hierdie moeë bemanning gedoen? "Hulle was bang die skip loop op die rotse en het toe vier ankers by die agterstewe van die skip uitgegooi en gewens dit moet dag word." Al die wysheid wat jy ooit nodig mag kry vir enige verraderlike en lank uitgerekte storm in jou lewe, word in hierdie een sin vervat. 



Die eerste anker wat my lewe van die rotsagtige kus van omstandighede beskerm, is die Woord van God. Die ewige waarheid, Goddelike wysheid en wesenlike genesingskrag wat in die heilige bladsye van die Bybel gevind word, bepaal my belangrikste anker van beskerming. 



Die tweede anker wat my lewe stewig hou in die verskriklike storms van die lewe, is 'n keuse om God in die storm te aanbid. My vriend, hou op murmureer of kla en begin aanbid! Die kinders van God is mense wat sing; dis waarvoor ons bekend is. Ons sing wanneer ander huil en ons aanbid wanneer ander kla. Ons prys wanneer ander paniekerig is en ons sing met ons hele hart wanneer ander toelaat dat vrees hulle harte vul.



My derde anker is toewyding in gebed. Gebed is 'n plek van kragtige invloed en heerlike gemeenskap; gebed is die krag wat die hel in vrees laat bewe en die hemelse wesens laat opstaan en van vreugde hande klap. 



My vierde anker is die krag van die Heilige Gees. Jy sal nooit enige storm in die lewe, klein of groot, deurstaan as jy nie van die krag van God se Heilige Gees gebruik maak en jouself toelaat om daardeur verander te word nie! 



Nadat die verbrokkelende skip waarop Paulus gevaar het op die rotse beland en in stukke gebreek het, het al 276 passasiers en bemanning (Handelinge 27:37) óf strand toe geswem óf aan wrakstukke vasgeklou en veilig aan land gekom. Hulle het oorleef, net soos God belowe het! Die volgende keer as jy oorweldig voel, dink aan Paulus se seereis en herinner jouself dat God sy belofte sal nakom om altyd by jou te wees en jou deur te dra. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

StormProof

Ly jy, of een van jou geliefdes, onder die trauma van planne wat nie uitgewerk het nie, verhoudinge wat verwoes is of sekuriteit wat vernietig is? In plaas daarvan om deur so 'n storm vernietig te word, kan jy toelaat da...

More

Ons wil graag "Carol McLeod Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.carolmcleodministries.com.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid