Leesplan inligting

Sleutels Vir Kinders Oordenking: Tel Jou SeëningeVoorbeeld

Keys For Kids Devotional: Count Your Blessings

DAG 1 VAN 7

DIE BROM SPELETJIE



"Declan," sê Ma, "sal jy hierdie skottelgoed asseblief kom afdroog?" 



"Kan Dara dit nie doen nie?" vra Declan. "Ek is moeg daarvoor om skottelgoed af te droog!" 



Dara rol haar oë. "Jy is altyd vir een of ander ding moeg."



Pa kyk van sy rekenaar op. "Dit lyk asof die 'moeg vir als' siekte te veel hier voorkom," sê hy. "Ons is omtrent net so erg soos die Israeliete wat voortdurend gekla het ondanks al die goeie dinge wat God vir hulle gedoen het."



Ma knik. "Ek het 'n idee vir 'n speletjie wat ons kan help om op te hou brom en kla. As een van ons gevang word waar jy sê dat jy vir iets moeg is, moet ons iets dankbaars sê oor daardie ding."



"Goed," sê Dara. "Ek sal nie gevang word nie!"



Al wat Declan antwoord, was: "Hmm!"



Die volgende dag kom Dara van die skool af met 'n bultende rugsak. "Ek is so moeg vir al hierdie huiswerk!" sê sy.



"Ag regtig?" antwoord Declan. "En vir watter huiswerk, is jy dankbaar?" vra hy met 'n glimlag.



"Ag nee!" glimlag Dara en skud haar kop. "Ek dink ek is dankbaar dat dit my help om meer te verstaan ​​van wat ons op skool leer." 



'n Bietjie later stamp Dara haar broer per ongeluk terwyl hy met 'n glas melk na die tafel stap. "Jy kyk nooit waar jy loop nie!" sê hy en gryp 'n servet om die melk van sy hemp af te vee. "Dit maak my moeg!"



"Ek is jammer, Declan," sê Dara. Toe glimlag sy. "Maar vir wat van my, is jy dankbaar?"



Declan het vir 'n oomblik verras gelyk. "Ek dink ek is dankbaar dat jy nie een van 'n tweeling is nie," antwoord hy uiteindelik.



Dara stotter en storm op hom af.



"Goed, goed," sê Declan laggend en hulle kom tot rus na die jaagtog om die kombuistafel. "Ek is dankbaar dat jy altyd bereid is om my take oor te neem as ek te moeg is." 



Dara glimlag. "Dis beter." 



"Dit lyk my julle kry dit reg," sê ma wat alles uit die sitkamer gehoor het. "Ek dink dat hierdie brom speletjie julle help om God se seëninge in julle lewens te sien. Wanneer ons fokus op alles wat Hy aan ons gegee het ... en alles wat Jesus vir ons gedoen het ... sal ons binnekort agterkom dat daar regtig niks is om oor te kla nie." 



— VERA M. HUTCHCROFT 



WAT VAN JOU?

Het jy die gewoonte om te brom en te kla? God was nie tevrede toe die Israeliete gekla het in plaas daarvan om Hom te vertrou om vir hulle te sorg nie, en Hy is ook nie tevrede wanneer sy kinders vandag kla nie. Wanneer jy agterkom dat jy oor alles brom, hou op, en dink aan alles wat God jou gegee het ... ook sy eie Seun om vir ons sonde te sterf. Dink dan aan 'n rede om God te dank vir die ding waaroor jy gekla het.



SLEUTELVERS

"Doen alles sonder kla of teëpraat" (Filippense 2:14).



VANDAG SE SLEUTEL

Verander jou klagtes in danksegging. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Keys For Kids Devotional: Count Your Blessings

Bedank en prys jy God vir alles wat Hy jou gegee het? Of is jy te besig om jou te bekommer of te kla oor dinge waarvan jy nie hou nie? Hierdie 7-dag leesplan gebruik die Skrif en verhale om kinders aan te moedig om op Go...

More

Ons bedank graag Kids Ministries vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://www.keysforkids.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid