Leesplan inligting

Sleutels Vir Kinders Oordenking: Tel Jou SeëningeVoorbeeld

Keys For Kids Devotional: Count Your Blessings

DAG 2 VAN 7

WEES DANKBAAR VIR DIE STERRE 



"Ons kamer gaan fantasties lyk!" sê Molly terwyl sy haar kwas neersit en op die vloer gaan sit. 



Sy en haar tweelingsuster, Elinor, het so pas hul kamer heeltemal swart geverf. Wanneer dit droog is, gaan hulle stervormige plakkers wat in die donker gloei, teen die mure vasplak. 



"Dit gaan wees soos om buite te slaap!" sê Elinor. 



"Goed, nou moet ons besluit hoe ons die plakkers gaan rangskik," sê Molly. "Gaan ons dit in 'n patroon rangskik of sommer rond en bont plak?" 



Toe kom hulle ma binne. "Die mure lyk goed, meisies." Sy skakel die lig aan. "Ek is egter bly dat julle die plakkers gaan byvoeg, anders sal dit redelik donker hier binne wees." 



"Dankie, Mamma," sê Elinor. "Daardie lig help ... dit is net drie-uur in die middag en dit raak al moeilik om hier binne te sien!" 



"Ja," sê Molly. "Kan jy jou voorstel hoe dit sou wees as God die lug heeltemal swart gelos het, sonder sterre of lig?" 



"Dit sou redelik donker gewees het," antwoord Elinor. "Onthou jy toe ons pas hier ingetrek het en ons in die middel van die nag die badkamer, sonder enige ligte probeer soek het?" 



"Ek onthou," sê Ma. "Julle meisies het soveel kneusplekke gekry soos wat julle in goed vasgeloop het, dat ons uiteindelik 'n naglig moes kry."



"Ja ... en ons was vir seker dankbaar vir die naglig!" het Elinor gesê. Sy tel 'n sterplakker van die vloer af op. "Ek is dankbaar dat God ook buite vir ons nagligte gegee het. Die sterre is so mooi om na te kyk." 



"En so helder," voeg Molly by. "As dit volmaan is en daar geen wolke is nie, het ons nie eens die huis se lig nodig om netbal te speel nie." 



Ma knik. "Soms aanvaar ons alles wat God vir ons geskep en voorsien het, as vanselfsprekend. Dit is belangrik om altyd te onthou om God te bedank vir alles wat Hy ons gegee het."



Molly gaan sit. "Elinor, dit gee my 'n idee hoe ons die plakkers moet rangskik! Kom ons strooi dit rond in die middel van een van die mure, sodat dit die woord 'dankie' vorm." 



"Kom ons doen dit so!" sê Elinor opgewonde. "Dit sal 'n goeie manier wees om ons te herinner dat ons God moet dank vir alles wat Hy ons gegee het." 



— MELISSA YEAGLE 



WAT VAN JOU?

Onthou jy om God te dank vir alles wat Hy jou gegee het? Wanneer laas het jy Hom gedank vir die sterre, jou gesin of jou klere? Moenie vergeet om Hom te dank vir alles wat Hy vir jou gedoen het en die dinge wat Hy nog elke dag vir jou voorsien nie. Wat kan jy doen om jouself daaraan te herinner om God te dank? 



SLEUTELVERS

"Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie" (Psalm 136: 1).



VANDAG SE SLEUTEL

Dank God.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Keys For Kids Devotional: Count Your Blessings

Bedank en prys jy God vir alles wat Hy jou gegee het? Of is jy te besig om jou te bekommer of te kla oor dinge waarvan jy nie hou nie? Hierdie 7-dag leesplan gebruik die Skrif en verhale om kinders aan te moedig om op Go...

More

Ons bedank graag Kids Ministries vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://www.keysforkids.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid