PSALMS 78:10-22

PSALMS 78:10-22 AFR83

Hulle het die verbond met God nie gehou nie, en geweier om te lewe soos Hy hulle geleer het. Hulle het vergeet van sy werke, van die wonderdade wat Hy hulle laat sien het. Voor die oë van hulle voorvaders het Hy wonders gedoen in Egipte, in die veld by Soan. Hy het die see oopgekloof en hulle laat deurtrek. Hy het die water laat opdam en dit het soos 'n muur gestaan. Bedags het Hy hulle met 'n wolk gelei, snags met die lig van 'n vuur. Hy het rotse in die woestyn oopgekloof en soos by groot waterstrome almal se dors geles. Hy het water uit die rots laat stroom, dit soos riviere laat vloei. Maar hulle het aangehou om teen Hom te sondig; in die woestyn het hulle teen die Allerhoogste in opstand gekom. Hulle het God getart toe hulle kos gevra het na eie smaak en God uitgedaag het: “Kan God hier in die woestyn kos gee? Hy het wel teen 'n rots laat slaan en die waters het gevloei, spruite het gestroom; maar sou Hy ook brood kon gee en vleis aan sy volk kon voorsit?” Toe die Here dit hoor, het Hy kwaad geword; Hy het 'n vuur teen Jakob laat ontbrand, teen Israel sy toorn laat woed omdat hulle nie op God vertrou het en op sy hulp staatgemaak het nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid