Leesplan inligting

Sleutels Vir Kinders Oordenking: Tel Jou SeëningeVoorbeeld

Keys For Kids Devotional: Count Your Blessings

DAG 5 VAN 7

MÔRE SE TRANE 



Ma het 'n huilende Becca in die agterplaas gevind, waar sy haar hond, Sheba, dophou terwyl dié tussen die blare in die blombedding rondkrap. "Wat is fout my skat?"



"Ek wil nie hê Sheba moet siek word nie," sê Becca. "Ek weet die veearts het die knop aan haar been verwyder, maar sy het gesê dit kan terugkom." 



"Dit kan, maar miskien sal dit nie," sê Ma. "Dit mag dalk nooit terugkom nie."



"Maar wat as dit wel terugkom?" snuif Becca. "Ek wil nie hê dat Sheba moet doodgaan nie." 



"Natuurlik wil jy nie," sê Ma en gee vir Becca 'n sneesdoekie aan. "Maar deur jou daaroor te bekommer, keer jy jouself om haar te geniet. Jy lyk nou net so hartseer soos wat jy sou lyk as sy sou doodgaan." Ma buk af na Sheba om haar kop te vryf. "Onthou jy wat met Job gebeur het?"



"Job?" vra Becca. "Bedoel Ma die man in die Bybel?"



"Ja," sê Ma. "Hy het baie gehad om oor gelukkig te wees ... 'n groot gesin, baie geld en toe verloor hy alles. Nadat Job se probleme begin het, het hy gesê: "Die ding waaroor ek die grootste vrees gehad het, het oor my gekom, en wat ek gevrees het, het met my gebeur." 



"Dit laat my nie beter voel nie," sê Becca. 



"Wag! Ek wil iets verduidelik." Ma droog 'n traan van Becca se wang af. "Al die jare het hy sy gesin by hom gehad. Hy was voorspoedig en suksesvol. Maar dink jy al sy bekommernisse het hom gehelp om die dinge te geniet?" 



"Nee," sê Becca en streel Sheba se kop. 



"Het die feit dat hy bang was om alles te verloor, verhoed dat dit gebeur het?" 



Becca omhels Sheba. "Nee. Maar wat kan ek doen as ek hartseer is? Ek kan dit nie aan- of afskakel nie."



"Nee, maar ons het 'n keuse wanneer ons bekommerd is oor hartseer dinge wat kan gebeur," sê Ma. "Ons kan ons daaroor bekommer, wat in elk geval nie help nie, of ons kan kies om Jesus te bedank vir alles wat Hy vir ons gedoen het en vir die goeie dinge wat ons vandag het ... soos Sheba. Ons kan Hom vertel van die dinge waaroor ons besorg is, en Hom vertrou om dit uit te werk. Dis wat Job gedoen het. Hy het voortgegaan om in God te glo en om Hom lief te hê." 



Ma tel 'n bal op en kyk na Sheba, wat haar stert swaai. "Ek dink sy het 'n speelmaat nodig," sê Ma en gooi die bal.



Becca begin hardloop. "Kom, Sheba!" roep sy. "Ek is seker ek kan voor jou by die bal uitkom." Sheba sit haar vinnig agterna en saam het hulle oor die grasperk gehardloop. 



— ELISE L. PERL 



WAT VAN JOU?

Bekommer jy jou oor wat môre kan gebeur? As jou bekommernisse jou gefokus hou op wat mag verkeerd gaan, kan jy nie geniet wat jy nou het nie. Wanneer jy jou begin bekommer, bid oor die probleem en praat met 'n ouer of 'n ander volwassene daaroor. Kies dan om Jesus te bedank vir die baie seëninge wat jy het en geniet alles terwyl jy op Hom vertrou.



SLEUTELVERS

"Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikhied van sy eie" (Matteus 6:34).



VANDAG SE SLEUTEL

Geniet vandag se seëninge. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Keys For Kids Devotional: Count Your Blessings

Bedank en prys jy God vir alles wat Hy jou gegee het? Of is jy te besig om jou te bekommer of te kla oor dinge waarvan jy nie hou nie? Hierdie 7-dag leesplan gebruik die Skrif en verhale om kinders aan te moedig om op Go...

More

Ons bedank graag Kids Ministries vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://www.keysforkids.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid