Leesplan inligting

Sleutels Vir Kinders Oordenking: Tel Jou SeëningeVoorbeeld

Keys For Kids Devotional: Count Your Blessings

DAG 6 VAN 7

SUPER-SAWYER LOFPRYSING 



Sawyer het die sokkerbal in die voortuin rondgeskop toe sy pa tuiskom.



"Haai, Sawyer-man," sê pa terwyl hy uit die motor klim. "Hoe gaan dit?"



Sawyer trek sy skouers op. "Ek dink nie ek het vandag op skool so goed gevaar in my speltoets nie. Dit was veronderstel om my beurt te wees om die klas se hamster kos te gee, maar Ross het gesê dat dit sy beurt was. Toe mors ek met middagete my melk oor die hele tafel uit. Ek het tonne huiswerk!" Hy sug. "Dus, nie so goed nie."



"Ek is jammer dat jy 'n moeilike dag gehad het," het sy pa gesê. "Maar het jy geweet dat God selfs op die moeilike dae wil hê dat ons moet dankie sê?"



Sawyer frons. "Regtig?"



Pa knik. "Soms voel jy nie lus daarvoor nie, maar dit is die oomblik wanneer jy dit juis moet doen," verduidelik hy. "Omdat jy op Jesus vertrou, sal Hy jou help om dankbaar te wees, selfs wanneer dinge moeilik gaan. Herinner jouself aan alles wat Hy gedoen het om jou te red en alles waarmee Hy jou geseën het, sodat jy Hom kan bedank, want dit sal jou beter laat voel en krag gee. Begin deur met Hom te praat ... net soos jy met my praat. Vertel Hom hoe jy voel en waarom, en begin om Hom daarna te dank." 



Pa tel die sokkerbal op. "Tyd vir 'n bietjie Super-Sawyer lofprysing!" roep hy uit terwyl hy voorgee dat hy sy spiere wys. "Gereed?" Hy gooi die bal vir Sawyer. "Ek is dankbaar dat jy my seun is!" skree hy. 



Sawyer vang die bal. "Ek is dankbaar dat ek Pa se seun is!" Hy gooi die bal terug na sy pa toe. 



"Is dit 'n glimlag wat ek sien?" vra Pa, ook met 'n glimlag, terwyl hy die bal na Sawyer teruggooi.



Sawyer stamp die bal met sy knie terug na Pa. "Ek is dankbaar dat ek buite kan speel."



"Ek is dankbaar dat ons enige tyd met Jesus kan praat," sê Pa, keer die bal met sy voet en skop dit weer na Sawyer toe.



Sawyer en sy pa het die bal heen en weer geskop terwyl hulle dinge waarvoor hulle dankbaar is uitgeroep het. Met elke gooi en skop van die bal en elke dankie aan God, het Sawyer op 'n manier beter begin voel. Hy het net daar besluit dat hy meer dikwels vir Jesus dankie wil sê. 



— KELLY HOPE



WAT VAN JOU?

Het jy al ooit 'n dag gehad waar dit gevoel het of dinge net nie goed wil verloop nie? Haal 'n paar gekleurde merkers of kryte uit en begin met jou eie dankie sê-lysie. Wanneer jy klaar is, plaas die lys waar jy dit elke dag kan sien. Dit sal jou herinner dat daar altyd iets is waarvoor ons vir Jesus dankbaar kan wees. Wanneer jy na jou lysie kyk, dank Hom vir alles wat Hy vir jou gegee het.



SLEUTELVERS

"Laat alles wat asemhaal die Here prys! Prys die Here!" (Psalm 150: 6).



VANDAG SE SLEUTEL

Prys en dank God.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Keys For Kids Devotional: Count Your Blessings

Bedank en prys jy God vir alles wat Hy jou gegee het? Of is jy te besig om jou te bekommer of te kla oor dinge waarvan jy nie hou nie? Hierdie 7-dag leesplan gebruik die Skrif en verhale om kinders aan te moedig om op Go...

More

Ons bedank graag Kids Ministries vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://www.keysforkids.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid