Leesplan inligting

Sleutels Vir Kinders Oordenking: Tel Jou SeëningeVoorbeeld

Keys For Kids Devotional: Count Your Blessings

DAG 7 VAN 7

VOLKOME TEVREDENHEID 


MOOOOOE.


"Sjoe!" skree Jordan. Hy was so diep in gedagte dat hy amper in 'n groot bruin koei geploeg het wat in die middel van die paadjie staan.



Oom Paul verskyn in die deur van die skuur. "O dankie tog, jy het vir Clarice gekry!" 



"Wel, ons het soort van 'mekaar gekry'," sê Jordan. "Sy wou nie padgee nie."



"Mooi!" Oom Paul grinnik. "Vertel my hoe dit met jou eerste dag gegaan het? Ek weet dit kon nie maklik wees om in die middel van die jaar van skole te verander nie."



Jordan trek sy skouers op. "Dit het goed gegaan. Ek hoop pa se werk sal hom langer hier laat bly. Ons het die afgelope vier jaar in drie verskillende state gewoon!" Hy sug. "Ek weet nie, miskien sal ek gelukkig wees as ons eers hier ons voete gevind het."



Terwyl oom Paul vir Clarice in haar melkhok in die skuur inlei, sê hy: "Dis nou een ding van gevoelens Jordan — jy kan nie altyd op hulle staatmaak om gelukkig te wees nie. Jy kry 'gelukkig voel' en dan kry jy 'tevrede wees'."



"Is dit nie dieselfde nie?" vra Jordan. 



In plaas daarvan om hom te antwoord, trek oom Paul die melkstoeltjie nader en wikkel sy vinger in die lug. "Kom hierheen dan wys ek jou die fyn kuns hoe om 'n koei te melk!"



Na 'n vinnige demonstrasie, begin Jordan om vir Clarice te melk.



"Jy doen dit sommer van nature reg," sê oom Paul terwyl die melk ping-ping teen die metaalemmer spuit. "Om jou vraag te antwoord, om gelukkig te voel en om tevrede te wees, is nie dieselfde ding nie. Die apostel Paulus het so gesê terwyl hy van plek tot plek gereis het."



"Haai, hy het net soos ek van plek tot plek gereis!" sê Jordan. "Hoe het hy dan die verskil geleer?"



"Paulus het geleer as jy jou geloof en hoop in Jesus stel, sal Hy jou help om in elke omstandigheid tevrede te wees. Dit is anders as om die hele tyd gelukkig te wees. Tevredenheid is 'n gevoel van vrede wat net God vir jou kan gee."



Hy klop vir Clarice, wat stadig haar voer staan en kou, teen die sy. "Dis amper soos Clarice. As jy na haar kyk, sal ek sê sy is volkome tevrede."



Nadat hulle lekker gelag het, bid oom Paul hardop dat Jesus vir Jordan moet leer om tevrede te wees. Selfs nog voor oom Paul amen gesê het, het Jordan 'n diepe vrede in sy siel voel neerdaal — iets wat net God kan gee. 



— KELLY HOPE



WAT VAN JOU?
Is dit vir jou moeilik om tevrede te wees waar jy is? Wens jy dinge was anders in jou lewe? Selfs mense in die Bybel, soos die apostel Paulus, moes leer om in moeilike omstandighede tevrede te wees. Wanneer jy vir Jesus vertrou en fokus op die hoop wat jy in Hom het, sal Hy jou leer om tevrede te wees met die lewe wat Hy vir jou gegee het.



SLEUTELVERS  
"Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp" (Filippense 4:11).



VANDAG SE SLEUTEL
Jesus bring tevredenheid. 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Keys For Kids Devotional: Count Your Blessings

Bedank en prys jy God vir alles wat Hy jou gegee het? Of is jy te besig om jou te bekommer of te kla oor dinge waarvan jy nie hou nie? Hierdie 7-dag leesplan gebruik die Skrif en verhale om kinders aan te moedig om op Go...

More

Ons bedank graag Kids Ministries vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://www.keysforkids.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid