Leesplan inligting

Verkondig die evangelie van Jesus ChristusVoorbeeld

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

DAG 1 VAN 12

HOOR DIE GOEIE NUUS


Hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Romeine 10:14-15 


Die Here het vir ons die groot opdrag gegee om sy evangelie met ander te deel. Hoe kan mense in Christus glo as hulle nie sy Woord hoor nie? 


Ons almal behoort evangeliste te wees. Om die evangelie te verkondig is eintlik soos een honger bedelaar wat vir ‘n ander honger bedelaar wys waar om die Brood van die Lewe te vind – Jesus Christus. Die tyd raak min. Die betekenisvolste dinge wat jy in jou lewe kan doen, is om vir iemand van Jesus Christus te vertel, om die evangelie te verkondig, om te sien hoe iemand Christus se verlossing ontvang en aanvaar. 


Toe ek jonk was, wou ek graag ‘n prediker word. Die leraar by my kerk het gesê ek moet eers gaan studeer voordat ek prediker kon wees. Ek het hom geglo. Gevolglik het ek na ‘n ver land gereis, net soos die verlore seun. Ek is Australië toe en het met perde gewerk. Ek het baie dinge gedoen waarop ek nie trots is nie. Om nog geld te verdien het ek pynappels gepluk in Queensland en koeie gemelk in Skotland. Ek het steenkool gelaai en bakstene opmekaar gepak. Die hele tyd het ek net ‘n doel in my lewe probeer vind, want ek het gedink ek kon nie ‘n prediker wees nie. 


Nou ken ek die waarheid. Elke kind van God is gestuur om die evangelie aan die hele wêreld te verkondig. 


Here Jesus, ek wil ‘n draer van u goeie nuus wees. Ek wil u boodskap van verlossing versprei sodat die hele mensdom kan glo. Amen 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid