Leesplan inligting

Verkondig die evangelie van Jesus ChristusVoorbeeld

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

DAG 5 VAN 12

DIE ONDERSTEBO EVANGELIE


Ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. Galasiërs 2:20 


Dit is nie maklik om ‘n Christen te wees nie. Die Here het nooit belowe dat ons op ‘n gelyk pad sal stap nie. Eintlik het Hy gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis [die simbool van dood] opneem en My volg” Markus 8:34. 


Dit is waaroor ek vandag met jou wil praat – die onderstebo evangelie. Die wêreld leer ons dat ons alles moet doen en alles moet gryp wat ons kan. Jy moet op mense trap sodat jy heel bo kan uitkom. Dit is die natuurlike neiging onder mense, byna ‘n verdedigingsmeganisme om altyd die beste te wees. 


Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die Jode in afgryslike gaskamers vermoor. Volgens oorlewering het daar telkens ‘n hoop liggame gelê wanneer hulle die deure oopgemaak het. Die sterkste persoon was bo-op die hoop liggame, die een wat die laaste teug suurstof kon inasem. 


Ons as mense sal van nature probeer oorleef. Ons sal daarna streef om die beste te wees, die meeste te hê, die grootste te wees, die sterkste te wees, die mooiste te wees, die rykste te wees. Jesus sê in sy koninkryk werk dit net mooi andersom. As jy die grootste wil wees, moet jy die geringste wees. As jy eerste wil wees, moet jy laaste wees. 


Here Jesus, help my om myself te verloën en my kruis vir U te dra. Help my om die minste te wees. Amen 

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid