Leesplan inligting

Verkondig die evangelie van Jesus ChristusVoorbeeld

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

DAG 9 VAN 12

GEEN VEROORDELING NIE


Toe ons nog magteloos was, het Christus immers reeds op die bestemde tyd vir goddeloses gesterwe. Romeine 5:6 


Ons is sondaars wat deur die genade van God gered is. Die Bybel sê jy moenie twyfel dat jy gered is nie. “Maar ek is ‘n sondaar,” sê jy. “Jy weet nie wat ek alles in die verlede gedoen het nie.” Nee, ek weet nie. Ek wil hê jy moet onthou: Christus het vir jou gesterf toe jy nog magteloos was. Wanneer jy begin twyfel aan jou verlossing, wanneer jy begin wonder of die Here Jesus Christus jou waarlik vergewe het, onthou die woorde van Romeine 8:1: “Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.” 


Die onderstebo evangelie verkondig: Wanneer die Here vergewe, vergeet Hy ook. Wanneer jy na die Here toe gaan en sê: “Here, onthou U wat ek verlede week gedoen het?” sal Hy antwoord: “Wat het jy gedoen?” Wanneer God ons vergewe, gooi Hy ons sondes in die diepsee en vergeet daarvan. Jesus het die prys vir ons sondes met sy bloed betaal. 


Dit is fantastiese nuus! Daar is ‘n tweede kans. God vergewe ons sondes. Sy Seun sal ons waarlik vrymaak. Al wat ons moet doen, is om ons sondes te bely en in Hom te glo. Dit is die evangelie wat ons verkondig: Jesus Christus het vir ons sondes gesterf. Wanneer ons ons bekeer en glo, is Hy getrou en regverdig. Hy sal ons vergewe. Daar is geen veroordeling meer nie. 


Jesus Christus, ek loof U vandag. Dankie dat U u lewe gegee het om my te verlos. Dankie vir u beloftes in u Woord wat my herinner dat ek nooit aan my verlossing hoef te twyfel nie. Amen

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid