Leesplan inligting

Verkondig die evangelie van Jesus ChristusVoorbeeld

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

DAG 12 VAN 12

WEES ALTYD BLY IN DIE HERE!


Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Filippense 4:4-5 


Jesus sê as ons sy dissipels wil wees, moet ons onsself verloën, ons kruis elke dag opneem en Hom volg. Ek wil vandag vir jou vertel van drie mense hier by Shalom wat elke dag hulle kruis geduldig dra, wat Jesus met hulle hele hart volg en altyd bly is in Hom. 


My voorman, Simeon Bhengu, kan nie lees of skryf nie, maar hy is ‘n magtige man van God. Hy is die enigste mens wat my kan laat huil wanneer hy sy groot hand op my kop neerlê en vir my begin bid. Sy geloof is sigbaar in sy lewe.  


Hier woon ook ‘n vrou wat diep in die tagtigs is. Sy kan skaars loop, maar ek het nog nooit ‘n getrouer gelowige as Peggy ontmoet nie. Sy het getrou by my bly staan. Sy bid sonder ophou vir my. Almal ken haar sagmoedigheid. 


Dan het ons ‘n seuntjie in ons kinderhuis. Sy naam is Ntokoza en hy het beperkte verstandelike vermoëns. Hy is ongeveer een meter lank. Ek het nog nooit ‘n kind gesien wat God kan aanbid soos hierdie seuntjie nie. Wanneer mense ook al tydens ‘n erediens vorentoe geroep word, is hy eerste daar. Hy is lief vir Jesus en hy verbly hom elke dag in die Here. 


Leef jy die ware evangelie uit as ‘n getuie vir die Here Jesus Christus? 


Here Jesus, ek bely dat ek nie altyd die ware evangelie uitleef nie. Ek vra U vandag, doen in my lewe wat dit ook al sal verg sodat ek U eerste sal stel. Ek sal altyd bly wees in U. 


Hierdie 12-dag-leesplan  is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid