Leesplan inligting

Verkondig die evangelie van Jesus ChristusVoorbeeld

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

DAG 7 VAN 12

LIEFDE VIR ALLE MENSE


As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? En as julle net julle broers  groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie. Matteus 5:46-47 


Henry Nouwen was ‘n magtige man van God. Hy het verskeie doktorsgrade in die teologie gehad en was ‘n spreker by vele konferensies. Op ‘n dag het God vir hom gesê: “Verlaat jou bediening. Kanselleer al jou afsprake.” God het hom na L’Arche in Kanada gestuur, ‘n tehuis vir mense met beperkte verstandelike vermoëns. God het gesê: Dit is waar Ek jou wil hê. Ek wil hê jy moet onder daardie mense werk.” 


Dit is presies wat Henry Nouwen gedoen het. Die laaste tien jaar van sy lewe het hy onder hierdie mense met beperkte verstandelike vermoëns gewerk. Hy moes sorg vir ‘n man met die naam Adam. Hy moes elke oggend vir Adam uit die bed kry, hom was, sy tande borsel, hom skeer, aantrek en kos gee. Dan moes hy met Adam gaan stap. Hierdie man kon geensins met Henri praat nie. 


Henri Nouwen het erken dat daardie tien jaar die beste jare van sy lewe was. By L’Arche het hy meer van God en oor God geleer as by al daardie eksklusiewe kweekskole en universiteite. 


Die onderstebo evangelie vra van ons om nie net lief te wees vir dié wat vir ons lief is nie, maar om alle mense lief te hê, ongeag hoe baie hulle van ons verskil. 


Here Jesus, gee vir my meer van u liefde in my hart sodat ek U en my naaste met u liefde kan liefhê. Amen

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid