Leesplan inligting

Verkondig die evangelie van Jesus ChristusVoorbeeld

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

DAG 3 VAN 12

PRAAT OOR DIE GROOT DINGE WAT GOD GEDOEN HET 


Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het. “Ons hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het.” Handelinge 2:4, 11 


Ek het die Here ongeveer drie maande geken toe ek my heel eerste preek gelewer het. Ek het aan ‘n pragtige Metodiste-gemeente in Greytown behoort en die mense daar het my ‘n kans gegee om te praat oor die groot dinge wat God gedoen het. 


Harold Berry, vir wie ek baie lief is, het my met olie gesalf en sy hand op my gelê. Toe hy vir my gebid het, het hy die suiwer Woord gebid. Ek onthou so goed een gebed wat hy daardie dag gebid het: “Here, laat dit nie wees wat Angus sê wat tel nie, maar laat dit Jesus ín Angus wees wat die lewe van mense aanraak.” 


Jy hoef nie goed te kan praat om die evangelie te verkondig nie. Jy moet net vervul wees met die Heilige Gees en met die liefde van God. Ek hoop ek kan eendag vir Reinhard Bonnke ontmoet. Ek beskou hom nie as die beste spreker ooit nie, maar wanneer daardie man sê: “Halleluja!” en die mense vorentoe roep, kom duisende na vore omdat hulle Jesus in hom sien.  


Toe jy Jesus as jou Here en Verlosser aanvaar het, het jy die Gees van God ontvang. Die Gees sal jou in staat stel om te vertel van die groot dinge wat God gedoen het – deur jou woorde sowel as deur hoe jy leef. 


Here Jesus, stel my deur u Heilige Gees in staat om te vertel van die groot dinge wat God gedoen het sodat mense in U, ons Verlosser sal glo. Amen 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid