Leesplan inligting

Verkondig die evangelie van Jesus ChristusVoorbeeld

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

DAG 6 VAN 12

WEES LIEF VIR JOU VYANDE


Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel.  Matteus 5:43-45 


Die Ten Booms was ‘n Hollandse familie wat tydens die Tweede Wêreldoorlog Jode in hulle huis versteek het. Toe die Nazi’s die Jode daar vind, het hulle die hele familie na ‘n konsentrasiekamp geneem, waar hulle baie swaargekry het. Corrie het haar suster, Betsie, wat baie siek was, in haar arms vertroos. Toe sy sterf, het een van die wagte ‘n graaf na haar toe gegooi en gesê: “Begrawe self jou suster!” 


Ná die oorlog het Corrie eendag ‘n groep mense toegespreek. Skielik het sy ‘n man in die gehoor gesien en hom herken as die wag in die konsentrasiekamp. Toe sy ná die byeenkoms by die deur staan om die mense te groet, het hierdie man na haar toe gekom, sy hand uitgesteek en haar om vergifnis gevra. Corrie het versteen. Sy het na God om hulp geroep. Die Heilige Gees het vir haar gefluister: “Vergewe hom en wees lief vir hom.” Sy het die man se hand geneem en gevoel hoe die genesende krag van God deur haar skouer en arm tot in hulle ineengestrengelde hande vloei. “Ek vergewe jou met my hele hart, “het sy uitgeroep. Corrie ten Boom het gesê sy het God se liefde nog nooit so intens geken as op daardie oomblik nie. 


Het jy woede en bitterheid in jou hart? Laat dit aan die voet van die kruis. Vergewe jou vyande en wees lief vir hulle. Jesus sal jou met sy vrede vul. 


Here Jesus, ek wil hierdie woede en bitterheid nie een tree verder dra nie. Help my om almal wat my seergemaak het te vergewe. Amen 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Mense benodig die Here Jesus soos nog nooit tevore nie, en vir baie sal hulle net die evangelie hoor en dit deur ons lewens sien! Matteus 10:26-27 sê: "Moenie geïntimideer word nie." Uiteindelik gaan alles oop wees, en ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid