Leesplan inligting

Vas Soos Daniël (10-Dag)Voorbeeld

Fast Like Daniel (10-Day)

DAG 10 VAN 10

Dag 10: Dit is Nie die Einde nie



Hoera! Dag 10 VAT VYF! Jy het dit gedoen! Ek is opgewonde om dit nou te skryf en meer opgewonde dat jy dit lees, want dit beteken jy het 10 dae deurgebring om tot God te nader. Ek kan nie wag dat jy sien wat Hy volgende in jou lewe gaan doen nie. Dis die begin om dieper waters te betree waarin jy 'n hegter verhouding met Hom en kennis van Hom begin ervaar deur aanhoudend nederig, spesifiek en met verwagting te bid. 



As 'n moeilike situasie, die behoefte aan 'n deurbraak, of 'n opregte begeerte om nader aan God te kom, jou tot hierdie vas gedryf het, wees dan vol moed en laat die stem van geloof toe om die stem van vrees te verdryf! Onthou, vrees kom nie van God af nie, want Hy het jou nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie. In die toekoms moet jy in die dieper waters van die lewe beweeg — in afwagting van iets wonderliks wat op die punt staan om te gebeur.



Petrus word onthou as die een wat gesink het toe Jesus op die water geloop het om sy dissipels te ontmoet. Hulle het almal nat geword — 11 van die reën en Petrus van seewater — maar ten minste het Petrus die moed gehad om uit die boot te klim! Die res van die dissipels het in die boot gebly. 



Jy het die geloof gehad om uit die boot te klim!



Jou voete het nat geword met Daniël se vas en ek sê vir jou, wat ook al hierdie vas geïnspireer het, God het 'n deurbraak vir jou. 



Onthou: bly NEDERIG en onderwerp jou wil aan Syne; vra vir jou SPESIFIEKE behoefte volgens sy Woord; bid AANHOUDEND, al sien jy nie dadelik die resultate nie; en kweek 'n hoopvolle VERWAGTING dat God gaan opdaag, ongeag hoe lank dit vat.



Jesus het die prys ten volle op Golgota betaal, ook vir dit waarvoor jy nou vas en bid. Die werk is gedoen. Jy verdien niks nie; jy ontvang sy gratis geskenk van genade.



Ek sluit af met vandag se Skrifgedeelte. Dis van die beste raad wat die apostel Paulus ooit gegee het: “Wees altyd bly in die Here.”  



Dis nie die einde nie. Dis maar net die begin



Ek wil graag hoor wat God oor die volgende dae, weke en maande in jou lewe doen. Besoek www.FastLikeDaniel.com om 'n paar ekstra bronne in die hande te kry en deel beslis jou verhaal van die wonderlike dinge wat gebeur as jy soos Daniël vas! 



Jy het die moed gehad om uit die boot te klim. Dis nou tyd om ander mense nader aan God te lei!


Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel (10-Day)

Vir enigiemand wat streef na 'n hegter verhouding met God, maar nie daarvan hou om te vas nie, het ek hierdie opsie — 'n 10-dag leesplan gebaseer op die boek: Vas Soos Daniël! Die Daniël-vas het my LEWE VERANDER, en ek h...

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid