Leesplan inligting

Vas Soos Daniël (10-Dag)Voorbeeld

Fast Like Daniel (10-Day)

DAG 3 VAN 10

Dag 3: 'n Oproep tot Gebed



In vandag se Skrifgedeelte sal ons sien hoe Daniël se vyande geen fout by hom kon vind nie. Hulle het dus 'n plan beraam om hom in die moeilikheid te laat beland, omdat hy gebid het.



Sou jou vyande dieselfde kon doen? Of sou 'n wet teen gebed nie juis jou doen en late beïnvloed nie? Daniël het drie maal 'n dag in nederigheid tot God gebid en dit het hom definitief in die moeilikheid laat beland. As ons Christene in die tronk gaan gooi omdat hulle drie maal 'n dag in die openbaar bid, dink ek nie dat ons oorvol tronke sal hê nie. 



Daniël se gebed het hom in die moeilikheid laat beland, maar dit het hom ook uit die moeilikheid gekry, want God is almagtig. Daarbenewens is ons gebede kragtig wanneer hulle nederig is.



Hoe dikwels sien jy egter dat nederigheid in ons wêreld aangemoedig word? Heel moontlik net soveel soos destyds in Daniël se tyd. Ja, ons sien baie mense in die kerk wat beweer hulle is nederig. Jy weet waarvan ek praat — die mense wat openlik sê: "Ek is 'n nederige mens!" Regtig? As jy nederig is hoef jy dit nie aan almal te verkondig nie. Nederigheid is nie iets wat jy doen of sê nie, dit is die wese van wie jy is.



"Ware nederigheid" verskil hemelsbreed van "valse nederigheid". Ware nederigheid is wanneer jy besef dat elke goeie en volmaakte geskenk, talente en suksesse van God af kom. Valse nederigheid is wanneer jy 'n skadu oor jou eie heiligheid, suksesse, gawes, talente en prestasies werp in die hoop dat ander mense jou sal prys en vlei.



Daniël was nie net 'n persoon wat gebid het nie, hy was 'n man wat waarlik nederig voor God was. Dink aan die integriteit en honger wat jy in Daniël waarneem terwyl hy drie maal 'n dag voor God kniel en bid. Hy het niks van God geëis nie; drie maal 'n dag het hy God in nederigheid gesoek omdat hy Hom nodig gehad het.



Wanneer laas het jy gekniel om te bid? Wanneer laas het jy waarlik nederig in gebed gevoel, eerder as om net God vir dinge te vra? Indien dit lank gelede was, sal jy dit dalk nou wil probeer doen.



Die Bybel stel dit so: "Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het" (1 Petrus 5:6). Daniël het dit drie maal 'n dag op sy knieë gedoen. Hoe gaan jy dit vandag en gedurende hierdie vastydperk doen? Ek daag jou uit om die volgende sewe dae in nederige gebed deur te bring.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel (10-Day)

Vir enigiemand wat streef na 'n hegter verhouding met God, maar nie daarvan hou om te vas nie, het ek hierdie opsie — 'n 10-dag leesplan gebaseer op die boek: Vas Soos Daniël! Die Daniël-vas het my LEWE VERANDER, en ek h...

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid