Leesplan inligting

Vas Soos Daniël (10-Dag)Voorbeeld

Fast Like Daniel (10-Day)

DAG 1 VAN 10

Dag 1: Honger na God



In vandag se oordenking ontmoet ons vir Daniël, die man wat vas bekend gemaak het. Daniël en die ander jong leiers van Israel is gevange geneem en na Babilon weggevoer toe hulle nog maar tieners was. Hoe dink jy sou jy dit hanteer het om so ver van jou tuiste, jou familie en waardestelsel geneem te word en daar beïnvloed te word om die vreemde kultuur van die opwindendste, mees gesofistikeerde — en mees goddelose — land in die wêreld te aanvaar?



Ek weet nie hoe ek sou gevaar het nie, maar Daniël en sy vriende was MEER HONGER NA GOD as vir die allerbeste kos op die koning se tafel. Hulle het verkies om die oorvloed van Babilon te verwerp en eerder God se seëninge te ontvang.



Ons kan dieselfde keuse maak. As ons dit doen, sal ons God se proses van herskepping sien werk, wat dan dinge soos liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing in ons lewens sal voortbring. 



Ek is baie bly dat jy hierdie 10-dag leesplan, hoe om soos Daniël te vas, gekies het. Ek is regtig nie 'n kenner wat vas betref nie. Ek hou nie eens daarvan om te vas nie! Die "Daniël-vas" was egter vir meer as 10 jaar al 'n beduidende deel van my lewe en het my gehelp om nader aan God te kom en fantastiese deurbrake te ondervind.



Jy het dalk nog nooit voorheen gevas nie. Dis nie 'n probleem nie. Ek was ook nie eers regtig ernstig daaroor nie, net hier en daar gevas — en geensins enige geestelike hernuwing ervaar nie. Dit het net meer as 10 jaar gelede verander. Terwyl ek 'n kampusprediker vir Life.Church was, het 'n charismatiese lid van my span die "Daniël-vas" aan ons voorgestel en ons het dit as 'n span aangepak.



Dit was absoluut wonderlik! Sedertdien neem my gesin elke jaar aan die "Daniël-vas" deel en elke jaar het dit ons gehelp om geestelik te groei, nader aan God te kom en ongelooflike deurbrake te sien. 



Ek kan jou nie belowe dat jy presies dieselfde ondervinding sal hê nie, maar ek kan dit sê: "Niemand wat ek ken en wat deelgeneem het aan hierdie vas en nader aan God gekom het, het nie iets positiefs in hulle lewens sien gebeur nie. Om jouself toe te wy, met God kontak te maak, te bid en Bybel te lees en toe te pas wat jy geleer het en wat God vir jou sê, sal altyd positiewe vrugte dra!" 



Kyk 'n bietjie hierna, www.fastlikedaniel.com vir meer besonderhede oor Daniël se vas en bronne soos ons "Companion Guide" met oulike resepte, wenke, idees en om meer te leer oor hoe jy hierdie geestelike gewoonte tot jou lewe kan byvoeg om meer plek vir God te maak. Jy kan ook 'n kopie van die volledige Vas soos Daniël oordenking hier kry. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel (10-Day)

Vir enigiemand wat streef na 'n hegter verhouding met God, maar nie daarvan hou om te vas nie, het ek hierdie opsie — 'n 10-dag leesplan gebaseer op die boek: Vas Soos Daniël! Die Daniël-vas het my LEWE VERANDER, en ek h...

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid