Leesplan inligting

Vas Soos Daniël (10-Dag)Voorbeeld

Fast Like Daniel (10-Day)

DAG 9 VAN 10

Dag 9: Genade van Begin tot Einde



Verwag jy om God se stem te hoor? Ernstig nou, verwag jy dat Hy sal antwoord wanneer jy bid? Laat ek dit duidelik stel: jy gaan nie sy antwoorde hoor as jy nie verwag dat Hy met jou gaan praat of jou geestelike ore gaan oopmaak om te luister nie.



Baie mense dink dat God nie meer deesdae met ons praat nie, asof Hy keelseer het en net iewers in die verlede opgehou het om met mense te praat. Niemand het daarvoor tyd nie. Sommige mense het dit geleer en ander dink dat dit nie met hulle kan gebeur nie — asof God net met belangrike kerkleiers praat en nie met gewone mense nie. 



Praat God met gewone mense soos ek en jy? Ja! Dit gebeur.



Hy verander nooit en Hy het nooit opgehou om met sy volgelinge te praat nie. Ons het egter dikwels opgehou om te luister!



Kom ek skets vir jou die toneel. Kom ons sê ek bel my vrou, LaKendria en in een asem vertel ek vir haar hoe my dag was, alles wat ek wil hê sy moet weet, my inkopielys, my bekommernisse oor ons twee seuns en uitdagings by my werk — en dan sit ek die foon neer.



Watter soort gesprek was dit? 'n Goeie een? Beslis nie — as dit is hoe ek altyd met my vrou praat, sal sy my later oor die kole haal en sê: "WAT WAS DIT?!"



Hoekom doen ons dit dan met God?



In vandag se leesstuk gaan ons sien hoe ongelooflik geduldig God met ons is, toe Hy vir Elia geleer het om sy stem te hoor. Elia het baie wonderwerke vir God verrig. Na 'n baie sterk wind wat die berg stukkend geruk en die rotse gebreek het, 'n hewige aardbewing en 'n geweldige vuurstorm, besef Elia dat die klank van God se stem nie 'n luide geskreeu is nie.



Dit was 'n sagte fluistering in die windstilte. 



As jy nie luister nie, kan jy maklik 'n fluistering mis.



Luister jy? Of tel jy net die foon van gebed op, bel vir God, laai al jou sorge af, gee Hom jou lysie van behoeftes en sit dan die foon neer?



Ek wil jou vra om nie hierdie vastyd af te sluit sonder om God se fluisterstem te hoor nie. Jesus het gesê sy skape — dis almal van ons — hoor sy stem. Hy het nie opgehou praat nie en jy het nog nooit regtig gevas en gebid voordat jy nie verwag het dat God jou sal antwoord nie. 



Hy het vandag 'n woord vir jou: “Bedaar en erken dat Ek God is” (Psalm 46:11). 



Luister nou.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Fast Like Daniel (10-Day)

Vir enigiemand wat streef na 'n hegter verhouding met God, maar nie daarvan hou om te vas nie, het ek hierdie opsie — 'n 10-dag leesplan gebaseer op die boek: Vas Soos Daniël! Die Daniël-vas het my LEWE VERANDER, en ek h...

More

Baie dankie aan Scott Williams wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.fastlikedaniel.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid